Bible

Connect

With Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 138

:
Afrikaans - AFR83
1 Van Dawid. Ek wil U met my hele hart loof. Laat die gode maar hoor; dit is tot u eer dat ek sing.
2 Ek wil na u heilige tempel toe buig en u Naam roem om u liefde en trou, want U het u Naam en u woord bo alles gestel.
3 Toe ek na U geroep het, het U my gebed verhoor en my nuwe krag gegee.
4 Al die konings van die aarde sal U loof, Here, wanneer hulle u woord hoor,
5 hulle sal sing oor wat die Here gedoen het, want die mag van die Here is groot.
6 Ja, al is die Here hoog verhewe, Hy gee om vir die nederige, maar Hy sien van ver af deur die hoogmoedige.
7 As die nood my oorval, hou U my in die lewe teen die woede van my vyande in: U strek u hand uit, u regterhand red my.
8 Die Here sal vir my alles goed laat afloop. Aan u liefde, Here, is daar geen einde nie. Moet tog nie die werk van u hande laat vaar nie.