Psalms 137AFR83

1By die riviere van Babel, daar het ons gesit, en ons trane het gevloei as ons aan Sion dink.

2Aan die wilgerbome in daardie land het ons ons liere opgehang

3toe dié wat vir ons gevange weggevoer het, ons gevra het om 'n lied te sing, toe dié wat vir ons leed aangedoen het, van ons vrolikheid wou hê: “Sing vir ons 'n lied oor Sion!”

4Hoe kan ons die lied van die Here sing in 'n vreemde land?

5As ek jou sou vergeet, Jerusalem, mag my regterhand dan verlam raak.

6Mag my tong aan my verhemelte vaskleef as ek aan jou nie dink nie, as Jerusalem nie my grootste vreugde bly nie.

7Onthou die Edomiete, Here, die dag toe Jerusalem ingeneem is, hoe hulle aangehou het met sê: “Breek af, breek af die stad tot op sy fondamente!”

8Dat jy verwoes sal word, Babel, is seker. Gelukkig is die man wat jou terugbetaal vir wat jy ons aangedoen het!

9Gelukkig is hy wat jou babatjies gryp en teen 'n klip verbrysel.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 137.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.