Bible

Elevate

Your Sunday Morning Worship Service

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 129

:
Afrikaans - AFR83
1 'n Pelgrimslied. Hulle het my van jongs af swaar verdruk, dit moet Israel sê,
2 hulle het my van jongs af swaar verdruk, maar hulle kon my nie onderkry nie.
3 Hulle het van my rug 'n ploegland gemaak en daar lang vore op getrek.
4 Die Here is regverdig, Hy het die bande losgesny waarmee die goddeloses my gebind het.
5 Mag almal wat vir Sion haat, self tot niet gaan,
6 mag hulle wees soos gras op 'n dak: dit verdroog nog voor dit behoorlik uitgespruit het
7 en daar is niks om af te sny en in bondels weg te dra nie.
8 Niemand wat daar verbygaan, sal die groet: “Die Here het julle geseën, ons seën julle in die Naam van die Here,” kan uitspreek nie.