Psalms 130AFR83

1'n Pelgrimslied. Uit die dieptes roep ek na U, Here,

2luister tog na my, Here, hoor tog my hulpgeroep.

3As U ons sondes in aanmerking sou neem, Here, wie sou dan nog bestaan?

4Maar by U ís daar vergifnis: daarom word U steeds gedien.

5Ek stel my vertroue in die Here, ek vertrou op Hom, ek wag op die vervulling van sy woord.

6Ek wag op die Here meer as wat die wagte op die môre wag, wagte op die môre.

7Wag op die Here, Israel, want by die Here is daar troue liefde, by Hom is die verlossing seker.

8Hy alleen sal Israel verlos van al sy sondes.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 130.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.