Psalms 128AFR83

1'n Pelgrimslied. Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien en sy wil doen.

2Die vrug van jou arbeid sal jy geniet, gelukkig en voorspoedig sal jy wees.

3Jou vrou is in jou huis soos 'n vrugbare wingerdstok, jou seuns is rondom jou tafel soos jong olyfboompies!

4Kyk, so word die man geseën wat die Here dien.

5Mag die Here jou seën uit Sion, dat jy die voorspoed van Jerusalem kan aanskou al die dae van jou lewe,

6 en dat jy jou kindskinders mag sien. Mag daar vir Israel vrede wees!

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 128.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.