Bible

Say Goodbye

To Clunky Software & Sunday Tech Stress!

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 128

:
Afrikaans - AFR83
1 'n Pelgrimslied. Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien en sy wil doen.
2 Die vrug van jou arbeid sal jy geniet, gelukkig en voorspoedig sal jy wees.
3 Jou vrou is in jou huis soos 'n vrugbare wingerdstok, jou seuns is rondom jou tafel soos jong olyfboompies!
4 Kyk, so word die man geseën wat die Here dien.
5 Mag die Here jou seën uit Sion, dat jy die voorspoed van Jerusalem kan aanskou al die dae van jou lewe,
6 en dat jy jou kindskinders mag sien. Mag daar vir Israel vrede wees!