Bible

Simplify

Your Church Tech & Streamline Your Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 124

:
Afrikaans - AFR83
1 'n Pelgrimslied. Van Dawid. As die Here ons nie gehelp het nie, dit moet Israel bely,
2 as die Here ons nie gehelp het toe mense ons aangeval het nie,
3 dan het hulle ons lewendig verslind toe hulle woede teen ons ontvlam het;
4 dan het die waters ons weggespoel en die vloed ons oorweldig;
5 dan het die skuimende waters ons oorweldig.
6 Aan die Here kom die lof toe: Hy het nie toegelaat dat ons hulle prooi word nie.
7 Ons is bevry soos 'n voël uit die wip van 'n voëlvanger; die wip het gebreek en ons was vry!
8 Ons hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.