Psalms 123AFR83

1'n Pelgrimslied. Ek sien na U op, U wat uit die hemel heers.

2Soos die oë van 'n slaaf gerig is op die hand van sy eienaar, soos die oë van 'n slavin gerig is op die hand van haar eienares, so is ons oë gerig op die Here ons God, totdat Hy Hom oor ons ontferm.

3Ontferm U oor ons, Here, ontferm U oor ons, want ons het meer as genoeg veragting gehad,

4meer as genoeg spot van oormoedige mense, veragting van hovaardiges.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 123.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.