Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

Psalms 122

:
Afrikaans - AFR83
1 'n Pelgrimslied. Van Dawid. Ek was bly toe hulle vir my gesê het: “Kom ons gaan na die huis van die Here toe.”
2 En nou is ons hier binne-in jou, Jerusalem!
3 Jerusalem is die stad wat stewig gebou is,
4 waarheen die stamme kom, die stamme van die Here. Dit is 'n voorskrif vir Israel om die Naam van die Here hier te loof.
5 Hier word reg gespreek, hier lewer die koning sy uitsprake, die koning uit die geslag van Dawid.
6 Bid dat Jerusalem vrede mag hê, dat hulle wat hom liefhet, rustig mag woon.
7 Mag daar vrede wees binne jou mure, rus in jou wonings.
8 Ter wille van my broers en my vriende wens ek jou vrede toe.
9 Ter wille van die huis van die Here ons God bid ek dat dit met jou goed sal gaan.