Bible

Simplify

Your Church Tech & Streamline Your Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 121

:
Afrikaans - AFR83
1 'n Pelgrimslied. Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom?
2 My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.
3 Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie; Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie.
4 Waarlik, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie en Hy slaap nie.
5 Die Here beskerm jou, die Here bewaar jou van alle gevare.
6 Bedags sal die son jou nie steek nie en snags sal die maan jou nie kwaad doen nie.
7 Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar, jou lewe sal Hy beskerm.
8 Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan, nou en vir altyd.