Psalms 121AFR83

1'n Pelgrimslied. Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom?

2My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.

3Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie; Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie.

4Waarlik, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie en Hy slaap nie.

5Die Here beskerm jou, die Here bewaar jou van alle gevare.

6Bedags sal die son jou nie steek nie en snags sal die maan jou nie kwaad doen nie.

7Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar, jou lewe sal Hy beskerm.

8Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan, nou en vir altyd.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 121.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.