Psalms 120AFR83

1'n Pelgrimslied. In my nood het ek na die Here geroep en Hy het my gebed verhoor.

2Red my uit die mag van leuenaars, Here, uit die mag van bedrieërs.

3Wat sal God aan jou doen, jou bedrieër? Hoe sal Hy teen jou optree?

4Hy sal jou tref met die skerp pyle van 'n krygsman, met gloeiende kole.

5Hoe ellendig was dit toe ek as vreemdeling in Mesek gewoon het en tussen die inwoners van Kedar gebly het!

6Te lank moes ek woon by mense wat vrede haat.

7Ek het vrede begeer, maar sodra ek iets gesê het, was hulle op oorlog uit!

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 120.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.