Psalms 125AFR83

1'n Pelgrimslied. Dié wat op die Here vertrou, is soos Sionsberg wat nie wankel nie en altyd vas bly staan.

2Soos die berge Jerusalem aan alle kante beskerm, so beskerm die Here sy volk, nou en vir altyd.

3Oor die grondgebied van die regverdiges sal 'n goddelose nie die mag kry nie, sodat die regverdiges nie in misdaad verval nie.

4Here, doen goed aan dié wat goed is, die opregtes van hart!

5Maar dié wat die verkeerde pad loop, mag die Here hulle vernietig saam met dié wat onreg doen. Mag daar vir Israel vrede wees!

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 125.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.