Psalms 64AFR53

1Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.

2Hoor my stem, o God, in my klagte; bewaar my lewe vir die skrik van die vyand.

3Steek my weg vir die raad van die kwaaddoeners, vir die gewoel van die werkers van ongeregtigheid;

4wat hulle tong skerp maak soos 'n swaard, hulle pyl rig -- bitter woorde! --

5om in skuilplekke na die opregte te skiet; skielik skiet hulle hom en vrees nie.

6'n Listige plan stel hulle vir hul vas; hulle spreek af om strikke te span; hulle sê: Wie sal dit sien?

7Hulle versin ongeregtighede: Ons is gereed! 'n Fyn uitgedinkte plan! Ja, 'n man se binneste en onpeilbare hart!

8Maar God tref hulle met 'n pyl, skielik is hulle wonde daar.

9En hulle tong laat hulle oor hulself struikel; almal wat hulle aansien, skud die hoof.

10En alle mense vrees en verkondig die werk van God en gee ag op wat Hy doen. [ (Psalms 64:11) Die regverdige sal bly wees in die HERE en by Hom skuil, en al die opregtes van hart sal hulle beroem. ]

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 64.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.