Psalms 63AFR53

1'n Psalm van Dawid, toe hy in die woestyn van Juda was.

2***

3So het ek U in die heiligdom aanskou, om u sterkte en u heerlikheid te sien.

4Want u goedertierenheid is beter as die lewe; my lippe moet U prys.

5So sal ek U prys my lewe lank, in u Naam my hande ophef.

6Soos met vet en vettigheid sal my siel versadig word, en my mond sal roem met jubelende lippe

7as ek aan U dink op my bed, in die nagwake oor U peins.

8Want U was 'n hulp vir my, en in die skaduwee van u vleuels sal ek jubel.

9My siel is aan U verkleef; u regterhand ondersteun my.

10Maar hulle wat soek om my lewe te verderwe, hulle sal kom in die onderste plekke van die aarde.

11Hy sal oorgelewer word in die mag van die swaard; die deel van die jakkalse sal hulle word. [ (Psalms 63:12) Maar die koning sal bly wees in God; elkeen wat by Hom sweer, sal hom beroem; want die mond van die leuensprekers sal gestop word. ]

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 63.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.