Psalms 65AFR53

1Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. 'n Lied.

2Aan U kom 'n lofsang toe, o God, in Sion, en aan U moet die gelofte betaal word.

3o Hoorder van die gebed, tot U moet alle vlees kom!

4Ongeregtige dinge het die oorhand oor my gehad, maar U versoen ons oortredinge.

5Welgeluksalig is hy wat U uitkies en laat nader kom, dat hy kan woon in u voorhowe. Ons wil versadig word met die goeie van u huis, die heiligheid van u paleis.

6Vreeslike dinge antwoord U ons in geregtigheid, o God van ons heil, vertroue van al die eindes van die aarde en van die verste see!

7Wat die berge grondves deur u krag, wat omgord is met mag,

8wat die gebruis van die seë stilmaak, die gebruis van hulle golwe en die rumoer van die volke;

9sodat die bewoners van die eindes vrees vir u tekens; U laat die uitgange van die môre en die aand jubel.

10U het die land besoek en oorvloed gegee; U verryk dit grootliks; die stroom van God is vol water. U berei hulle koring; ja, so berei U die land.

11U maak sy vore nat, sy kluite gelyk; deur reënbuie maak U dit week; U seën sy uitspruitsel.

12U kroon die jaar van u goedheid, en u voetspore drup van vettigheid.

13Die weivelde van die woestyn drup, en die heuwels gord hulleself met gejuig. [ (Psalms 65:14) Die weivelde is bekleed met troppe kleinvee, en die dale is bedek met koring; hulle juig, ook sing hulle. ]

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 65.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.