Song of Solomon 5AFR20

1Ek kom na my tuin, my suster, my bruid. Ek pluk my mirre met my speserye, ek eet my heuningkoek met my heuning, ek drink my wyn met my melk. Eet, vriende! Drink, en word van liefde dronk!

2Ek was aan die slaap, maar my hart was wakker. Hoor daar! My liefste klop! “Maak vir my oop, my suster, my liefling, my duif, my volmaakte; my kop is nat van dou, my lokke deurdrenk van die nag se dou.”

3Ek het my oorkleed al uitgetrek, moet ek dit weer aantrek? Ek het my voete al gewas, moet ek dit weer laat vuil word?

4My liefste het sy hand deur die opening gesteek en my hart het onstuimig geklop oor hom.

5Ek het opgestaan om vir my liefste oop te maak. My hande het gedrup van mirre, my vingers van vloeiende mirre, op die handvatsels van die grendel.

6Ek het oopgemaak vir my liefste, maar my liefste het omgedraai en weggegaan. Toe hy wegdraai, het dit geduisel in my. Ek het na hom gesoek, maar hom nie gevind nie; na hom geroep, maar hy het my nie geantwoord nie.

7Die wagte, op hulle rondtes deur die stad, het my gevind. Hulle het my geslaan, hulle het my verwond, hulle het my sjaal afgeruk, die wagte by die stadsmure.

8Meisies van Jerusalem, ek besweer julle: As julle my liefste vind, wat moet julle vir hom sê? Dat ek siek is van liefde.

9Wat maak jou liefste beter as ander, mooiste onder die vroue, wat maak jou liefste beter as ander, dat jy ons so besweer?

10My liefste is stralend en bloesend; hy troon bo tienduisende uit.

11Sy kop is suiwer fyngoud, sy hare raafswart dadeltrosse.

12Sy oë is soos duiwe langs waterstrome, wat bad in melk, wat sit langs 'n vol poel.

13Sy wange is soos beddings balsemkruid wat geurige kruie laat uitspruit. Sy lippe is narsings wat drup van vloeiende mirre.

14Sy voorarms is ronde stawe goud met •chrisoliet versier. Sy buik is gepoleerde ivoor, oortrek met •lasuursteen.

15Sy bene is marmerpilare wat rus op voetstukke van fyngoud. Sy gestalte is soos die Libanon, uitsonderlik soos die seders.

16Sy mond is pure soetigheid, hy is die begeerlikheid self. So lyk my liefste, so lyk my vriend, meisies van Jerusalem!

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Song of Solomon 5.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.