Song of Solomon 4AFR20

1O, hoe mooi is jy, my liefling, hoe mooi is jy! Jou oë is duiwe agter jou sluier, jou hare 'n trop bokke wat teen die berge van Gilead afstroom.

2Jou tande is soos 'n kudde pas geskeerde skape wat van die drinkplek af opkom, almal tweelinge, nie een van hulle op sy eie nie.

3Soos karmosynrooi lint is jou lippe, jou mond is pragtig. Agter jou sluier is jou slape soos 'n oopgebreekte granaat.

4Jou nek is soos die Dawidstoring wat in kliplae gebou is, waaraan 'n duisend skilde hang, al die rondeskilde van die krygshelde.

5Jou borste is soos twee jong bokkies, die tweeling van 'n ribbokooi, wat tussen narsings wei.

6Totdat die dag begin asemhaal en die skaduwees vlug, gaan ek na die mirreberg, na die wierookheuwel.

7Alles aan jou is mooi, my liefling, jy is heeltemal vlekkeloos.

8Kom saam met my van die Libanon af, my bruid, saam met my van die Libanon af. Daal af van die kruin van Amana, van die kruin van Senir, van Hermon, van die lêplekke van die leeus, van die berge waar die luiperds hou.

9Jy het my hart gesteel, my suster, my bruid, jy het my hart gesteel met een kyk van jou oë, met een kettinkie van jou halssnoer.

10Hoe verruklik is jou liefkosings, my suster, my bruid. Hoeveel beter is jou liefkosings as wyn, die geur van jou reukolie as al die speserye.

11Jou lippe drup heuning, my bruid, heuning en melk is onder jou tong, jou klere dra die geur van die Libanon.

12'n Toegesluite tuin is my suster, my bruid, 'n toegesluite put, 'n verseëlde fontein.

13Jou bloeisels is 'n boord granate met heerlike vrugte, henna met nardus,

14nardus en saffraan, kalmoes en kaneel; met elke soort wierookplant, mirre en adelhout; met al die kosbaarste speserye.

15Jy is 'n fontein vir tuine, 'n put met vars water wat van die Libanon af vloei.

16Steek op, noordewind, kom, suidewind, waai deur my tuin, laat die geur van sy speserye versprei. Laat my liefste na sy tuin kom en sy heerlike vrugte eet.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Song of Solomon 4.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.