Song of Solomon 1AFR20

1Die lied van alle liedere. Van Salomo.

2Laat hy my met die soene van sy mond soen; ja, jou liefkosings is beter as wyn.

3Die geur van jou reukolie is heerlik, reukolie wat uitgegiet word, is jou naam – daarom raak die meisies verlief op jou!

4Neem my saam met jou! Kom ons hardloop! Die koning het my na sy kamer geneem. Ons wil vreugde put uit jou, ons verheug oor jou! Ons wil jou liefkosings meer aanprys as wyn. Hulle is met reg verlief op jou!

5Ek is donker, meisies van Jerusalem, en pragtig – soos die tente van Kedar, soos Salomo se tentdoeke.

6Moenie na my staar omdat ek donker is, omdat die son my bruin gebrand het nie. Die seuns van my ma was kwaad vir my: Hulle het my die wingerde laat oppas; my eie wingerd kon ek nie oppas nie.

7Laat weet my tog, geliefde van my hart, waar laat jy jou kudde wei, waar laat jy hulle in die middag rus? Waarom moet ek gesluierd gaan tussen jou vriende se kuddes?

8Weet jy dit nie, mooiste onder die vroue? Volg die spore van die kleinvee en laat jou lammers langs die herders se tente wei.

9Soos 'n merrie by die farao se strydwaens is jy vir my, my liefling.

10Hoe bekoorlik is jou wange met die stringe krale, jou nek met die halssnoere!

11Kom ons maak vir jou goue kettinkies, gestip met silwer.

12Terwyl die koning by sy feestafel is, versprei my nardus sy geur.

13'n Sakkie mirre wat tussen my borste rus, is my liefste vir my.

14'n Bossie hennabloeisels in die wingerde van En-Gedi, is my liefste vir my.

15O, hoe mooi is jy, my liefling, hoe mooi is jy! Jou oë is duiwe.

16O, hoe mooi is jy, my liefste, en aantreklik! Ons bed is groen loof.

17Die balke van ons huis is seders, ons dakbalke sipresse.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Song of Solomon 1.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.