Psalms 86AFR20

1'n Gebed. Van Dawid. Here, draai u oor, antwoord my, want ek is magteloos en behoeftig.

2Beskerm my lewe, want ek is 'n getroue volgeling. Verlos u dienskneg wat op U vertrou; U is my God.

3Wees my genadig, my Heer, want na U roep ek die hele dag lank.

4Maak die hart van u dienskneg bly, want na U, my Heer, hunker ek.

5U, my Heer, is immers goed en vergewensgesind, en oorvloedig in troue liefde teenoor almal wat na U roep.

6Here, hoor tog my gebed en gee tog aandag aan my smeekgebede.

7In die tyd van my nood roep ek na U, want U antwoord my.

8Daar is niemand soos U onder die gode nie, my Heer, en niks soos u werke nie.

9Al die nasies wat U gemaak het, sal kom en voor U, my Heer, in aanbidding buig; hulle sal u Naam eer.

10Want groot is U en U doen wonders; U alleen is God.

11Leer my u pad, Here; ek wil in u waarheid leef. Gee dat ek heelhartig vir u Naam ontsag sal hê.

12My Heer, my God, ek wil U prys met my hele hart; ek wil u Naam vir altyd eer,

13want u troue liefde teenoor my is groot: U het my lewe weggeruk uit die •doderyk daar onder.

14O God, vermeteles het teen my opgestaan; 'n klomp geweldenaars soek my lewe en hou U nie voor oë nie.

15Maar U, my Heer, U is 'n barmhartige en genadige God, geduldig, oorvloedig in troue liefde en waarheid.

16Draai na my en wees my genadig; gee u krag aan u dienskneg, en verlos die seun van u diensmeisie.

17Gee my 'n teken van goedheid sodat hulle wat my haat, dit kan sien en beskaamd staan. U, Here, het my immers gehelp en getroos.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 86.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.