Psalms 84AFR20

1Vir die •musiekleier. Op Haghittiet. Van die Koragiete. 'n Psalm.

2Hoe lieflik is u woning, Here, Heerser oor alle magte!

3My hele wese verlang, ja, smag na die voorhowe van die Here; my hart en liggaam roep uit na die lewende God.

4Selfs 'n mossie vind 'n tuiste, en 'n swaeltjie haar nes waarin sy haar kleintjies neerlê, by u altare, Here, Heerser oor alle magte, my Koning en my God!

5Gelukkig is hulle wat in u huis woon! Hulle loof U gedurig.

6Gelukkig is mense wie se krag in U lê! Die pelgrimstogte leef in hulle gedagtes:

7Trek hulle deur die Baka-vallei, maak hulle daarvan 'n landskap ryk aan fonteine; die vroeë reën maak dit selfs vol waterpoele.

8Hulle gaan van krag tot krag; elkeen verskyn voor God in Sion.

9Here, God, Heerser oor alle magte, hoor tog my gebed, luister tog, God van Jakob!

10O God, sien ons skild raak, slaan ag op u gesalfde;

11want 'n dag in u voorhowe is beter as duisend daarbuite. Ek wag liewer op die drumpel van die huis van my God as om te woon in die tente van goddeloosheid.

12Ja, 'n son en skild is die Here God; genade en eer is wat die Here skenk. Hy hou wat goed is nie terug van hulle wat onberispelik leef nie.

13Here, Heerser oor alle magte, gelukkig is mense wat op U vertrou!

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 84.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.