Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

Psalms 82

:
Afrikaans - AFR20
1 'n Psalm. Van Asaf. God gaan staan in die vergadering van die gode; in die teenwoordigheid van die gode lewer Hy uitspraak:
2 “Hoe lank gaan julle nog onregverdig oordeel en vir goddeloses partydig wees?
3 Handhaaf die reg van hulpeloses en vaderloses; laat reg geskied aan magteloses en armes.
4 Bevry hulpeloses en behoeftiges, red hulle uit die mag van goddeloses.
5 “Hulle weet niks nie en hulle verstaan nie, hulle verkeer in die duister. Al die fondamente van die aarde wankel.
6 “Ek self het gesê julle is gode, seuns van die Allerhoogste, julle almal.
7 Maar, soos mense sal julle sterf, soos enige leier sal julle val.”
8 Staan op, o God, oordeel die aarde, want U het besitreg oor al die nasies.