Psalms 73AFR20

1'n Psalm. Van Asaf. God is waarlik vir Israel goed, vir hulle wat rein harte het.

2Maar ek, my voete het amper gegly my treë was amper wankelrig.

3Want ek het verwaande mense beny; ek het die voorspoed van goddeloses gesien.

4Hulle het immers tot hulle dood geen sorge nie; en hulle liggame is vet.

5Aan die sorge van sterflinge het hulle nie deel nie, en hulle word nie geteister saam met gewone mense nie.

6Daarom versier hoogmoed hulle nekke, bedek 'n kleed van geweld hulle.

7Van vet peul hulle oë uit, die versinsels van hulle hart oorskry alle perke.

8Smalend onderhandel hulle met bose bedoelings; uit die hoogte dreig hulle met afpersing.

9Hulle rek hulle monde teen die hemel, en laat hulle tonge gaan oor die aarde.

10Daarom draai sy volk hierheen. Wie vol is, word deur hulle uitgepers,

11en hulle sê: “Hoe sal God dit weet? Is daar dan kennis by die Allerhoogste?”

12Kyk, dit is hoe goddeloses is: Immer sorgeloos vermeerder hulle hulle rykdom.

13Ja, tevergeefs het ek my hart rein gehou en my hande in onskuld gewas.

14Ek is die hele dag geteister; my kastyding was elke oggend opnuut daar.

15As ek sou dink, ek wil soos hulle praat, kyk, dan sou ek ontrou wees aan die nageslag van u kinders.

16Ek het toe probeer om dit te verstaan, maar het dit as vermoeiend beskou,

17totdat ek in die heiligdom van God ingegaan het. Ek het insig gekry in hulle uiteinde.

18Waarlik, U laat hulle op gladde plekke beland, U bring hulle tot 'n val oor hulle geknoei.

19Hoe word hulle in 'n oogwink 'n skrikbeeld, hoe kom hulle volledig tot 'n einde deur verskrikking!

20Asof dit 'n droom is waaruit mens wakker word, verag U hulle beeld, my Heer, wanneer U ontwaak.

21Toe my hart verbitterd was en my niere gepyn het,

22was ek dom en sonder begrip; ek was 'n dier teenoor U.

23En tog was ek altyd by U; U het my regterhand vasgehou.

24Deur die raad wat U gee, lei U my, en daarna neem U my eervol weg.

25Wie is daar vir my in die hemel? As ek by U is, begeer ek niks op aarde nie.

26My liggaam en my hart kan maar wegkwyn, God is die rots van my hart en my erfdeel vir altyd.

27Want kyk, dié wat ver van U af is, gaan ten gronde; U vernietig dié wat aan U ontrou is.

28Maar wat my betref, die nabyheid van God is vir my goed. Ek het my Heer, die Here, my skuilplek gemaak, sodat ek van al u werk kan vertel.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 73.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.