Psalms 60AFR20

1Vir die •musiekleier. Op “Narsing van getuienis”. 'n Miktaam. Van Dawid. Om te onderrig.

2Toe hy geveg het teen Aram-Naharajim en Aram-Soba, en Joab teruggekeer en twaalfduisend Edomiete in die Soutvallei verslaan het.

3O God, U het ons verstoot, ons uitmekaar geslaan. U was toornig. Herstel ons!

4U het die land geskud, dit oopgekloof. Maak sy breuke heel, want dit wankel.

5U het u volk moeilike tye laat beleef; U het ons wyn laat drink wat ons laat steier.

6U het aan hulle wat vir U ontsag het, 'n banier gegee waaronder hulle byeen kan kom, weg van die boogskutters.

7Sodat u geliefdes gered kan word – verlos tog met u regterhand en antwoord ons!

8God self het in sy heiligdom verklaar: “Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel, die vallei van Sukkot gaan Ek afmeet.

9Aan My behoort Gilead, aan My Manasse; Efraim is 'n beskutting vir my kop, Juda is my heerserstaf.

10Moab is my waskom, op Edom gooi Ek my sandaal; oor My moet jy juig, Filistea.”

11Wie sal my bring na 'n versterkte stad? Wie sal my lei tot by Edom?

12Is dit nie U, o God, wat ons verstoot het nie? U, o God, trek nie meer saam met ons leërs uit nie.

13Kom ons te hulp teen teenstanders – die hulp van mense is nutteloos.

14Met God tree ons dapper op – Hý sal ons teenstanders vertrap.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 60.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.