Bible

Designed

For Churches, Made for Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 28

:
Afrikaans - AFR20
1 Van Dawid. Na U, Here, roep ek! My Rots, moet U nie vir my doof hou nie, sodat ek nie, wanneer U teenoor my sou swyg, word soos dié wat in die put afdaal nie.
2 Luister na my smeekgebed, as ek na U om hulp roep, as ek my hande uitstrek na die heiligste deel van u heiligdom.
3 Moet my nie wegvoer saam met goddeloses nie mense wat onreg pleeg, wat oor vrede praat met hulle naaste terwyl daar kwaad in hulle harte is.
4 Vergeld hulle ooreenkomstig hulle dade, hulle bose optrede; vergeld hulle vir hulle handewerk, gee hulle hulle verdiende loon.
5 Omdat hulle nie ag slaan op die Here se dade en op sy handewerk nie, sal Hy hulle afbreek en nie opbou nie.
6 Die Here moet geprys word, want Hy het na my smeekgebed geluister.
7 Die Here is my krag en my skild; op Hom vertrou my hart. Ja, ek het hulp ontvang en my hart jubel, met my lied wil ek Hom prys:
8 “Die Here is vir sy volk 'n krag. Hy is die toevlug van verlossing vir sy gesalfde.
9 “Verlos tog u volk en seën u erfdeel; wees vir hulle 'n herder en dra hulle vir altyd!”