Psalms 28AFR20

1Van Dawid. Na U, Here, roep ek! My Rots, moet U nie vir my doof hou nie, sodat ek nie, wanneer U teenoor my sou swyg, word soos dié wat in die put afdaal nie.

2Luister na my smeekgebed, as ek na U om hulp roep, as ek my hande uitstrek na die heiligste deel van u heiligdom.

3Moet my nie wegvoer saam met goddeloses nie – mense wat onreg pleeg, wat oor vrede praat met hulle naaste terwyl daar kwaad in hulle harte is.

4Vergeld hulle ooreenkomstig hulle dade, hulle bose optrede; vergeld hulle vir hulle handewerk, gee hulle hulle verdiende loon.

5Omdat hulle nie ag slaan op die Here se dade en op sy handewerk nie, sal Hy hulle afbreek en nie opbou nie.

6Die Here moet geprys word, want Hy het na my smeekgebed geluister.

7Die Here is my krag en my skild; op Hom vertrou my hart. Ja, ek het hulp ontvang en my hart jubel, met my lied wil ek Hom prys:

8“Die Here is vir sy volk 'n krag. Hy is die toevlug van verlossing vir sy gesalfde.

9“Verlos tog u volk en seën u erfdeel; wees vir hulle 'n herder en dra hulle vir altyd!”

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 28.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.