Psalms 23AFR20

1'n Psalm. Van Dawid. Die Here is my herder; ek ly nie gebrek nie.

2In groen weivelde laat Hy my rus; na water waar daar rusplek is, lei Hy my.

3Hy gee my nuwe lewenskrag; Hy lei my op die regte paaie ter wille van sy Naam.

4Selfs as ek in die donkerste kloof ingaan, is ek nie bang vir gevaar nie, want U is by my. Dit is u staf en u stok wat my gerusstel.

5U dek vir my 'n tafel voor die oë van my teenstanders. U verfris my kop met olie; my beker loop oor.

6Net goedheid en troue liefde sal my volg al die dae van my lewe, en ek sal terugkeer na die huis van die Here, tot in lengte van dae.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 23.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.