Bible

Elevate

Your Sunday Morning Worship Service

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 23

:
Afrikaans - AFR20
1 'n Psalm. Van Dawid. Die Here is my herder; ek ly nie gebrek nie.
2 In groen weivelde laat Hy my rus; na water waar daar rusplek is, lei Hy my.
3 Hy gee my nuwe lewenskrag; Hy lei my op die regte paaie ter wille van sy Naam.
4 Selfs as ek in die donkerste kloof ingaan, is ek nie bang vir gevaar nie, want U is by my. Dit is u staf en u stok wat my gerusstel.
5 U dek vir my 'n tafel voor die van my teenstanders. U verfris my kop met olie; my beker loop oor.
6 Net goedheid en troue liefde sal my volg al die dae van my lewe, en ek sal terugkeer na die huis van die Here, tot in lengte van dae.