Psalms 17AFR20

1'n Gebed. Van Dawid. Luister tog na 'n regverdige saak, Here, gee tog aandag aan my klaagroep, hoor my gebed wat kom oor lippe sonder bedrog.

2Van U af moet die oordeel oor my kom; mag u oë regverdig onderskei.

3U het my hart getoets, my snags ondersoek, U het my deur die smeltkroes laat gaan, maar U het niks gevind nie. Ek het my voorgeneem: My mond sal nie oortree nie.

4Wat die optrede van mense betref, hou ek by die woord van u lippe. Ek het die paaie van geweldenaars vermy.

5My voete het u paaie nougeset gevolg; my voetstappe het nie gewankel nie.

6Ek roep U aan, want U verhoor my, o God; draai u oor na my, luister na my woorde.

7Wys my die wonders van u troue liefde, Verlosser van hulle wat teen teenstanders skuiling soek by u regterhand.

8Beskerm my soos die appel van u oog; verberg my in die skadu van u vlerke

9vir goddeloses wat my geweld wil aandoen, vir my vyande wat my lewe van alle kante bedreig.

10Hulle ongevoelige harte is geslote; met hulle monde praat hulle aanmatigend.

11Hulle het op my spoor gebly, nou het hulle my omsingel; hulle is daarop ingestel om my op die grond te laat lê.

12Die goddelose is soos 'n leeu wat daarop uit is om te verskeur, soos 'n jong leeu wat in skuilplekke gereed sit.

13Staan op, Here, loop op hom af, laat hom die knie buig. Bevry my met u swaard van goddeloses,

14met u hand, Here, van hulle wat doodmaak. Mense wat doodmaak, se lewens is van korte duur; dit is hulle lot in die lewe. Met u verborge straf vul U hulle mae; hulle kinders word versadig daarvan en wat oorbly, laat hulle agter vir hulle jong kinders.

15Wat my betref, in geregtigheid sal ek u teenwoordigheid ervaar; wanneer ek wakker word, sal ek van u verskyning versadig wees.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 17.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.