Psalms 148AFR20

1Halleluja! Loof die Here uit die hemel; loof Hom in die hoogtes!

2Loof Hom, al sy engele; loof Hom, al sy hemelse magte!

3Loof Hom, son en maan; loof Hom, al die helder sterre!

4Loof Hom, hoogste hemele en die water wat bo die hemelkoepel is!

5Laat hulle die Naam van die Here loof, want dit is Hy wat bevel gegee het – en hulle is geskape.

6Hy het hulle gevestig vir altyd, vir ewig. Hy het 'n vaste orde bepaal wat nie verbygaan nie.

7Loof die Here vanaf die aarde – seemonsters en al die diep waters,

8vuur en hael, sneeu en newels, stormwind wat sy bevel uitvoer;

9berge en al die heuwels, bome wat vrugte dra en al die seders;

10wilde diere en al die vee, diere wat kruip en voëls wat vlieg;

11konings van die aarde en al die volke, •aanvoerders en al die regeerders van die aarde;

12jong mans en ook jongmeisies, oumense saam met jongmense.

13Laat hulle die Naam van die Here loof, want sy Naam alleen is hoog verhewe; sy luister reik oor aarde en hemel.

14Hy het sy volk sterk gemaak – 'n rede tot lof vir al sy troue volgelinge, die Israeliete, die volk wat na aan Hom is. Halleluja!

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 148.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.