Psalms 140AFR20

1Vir die •musiekleier. 'n Psalm. Van Dawid.

2Red my, Here, van slegte mense; hou my veilig teen geweldenaars,

3hulle wat in hulle harte booshede beplan, wat elke dag gevegte aanhits.

4Hulle maak hulle tonge so skerp soos dié van slange; die gif van adders skuil agter hulle lippe.

5Here, beskerm my teen die hande van goddeloses; hou my veilig teen geweldenaars wat beplan om my voete te laat ontspoor.

6Hoogmoediges het in die geheim vir my 'n vangnet gespan; met toue het hulle 'n net langs die pad oopgesprei; vangstrikke het hulle vir my gestel.

7Ek het vir die Here gesê: “U is my God; Here, luister na my smeekgebed.

8Here, my Heer, die krag wat my verlos, U beskut my kop op die dag van oorlog.

9Here, gee tog nie die goddeloses wat hulle begeer nie; hulle bose planne, laat dit nie slaag nie. Hulle sal verwaand raak.

10“Die koppe van hulle wat my omring, laat dit oordek word met die onheil wat hulle ander toewens.”

11Mag gloeiende kole oor hulle uitgeskud word; mag Hy hulle in die vuur laat val, in bodemlose putte dat hulle nooit weer opstaan nie.

12Lasteraars – mag hulle nie gevestig raak in die land nie. Geweldenaars – mag onheil op hulle jag maak, keer op keer.

13Ek weet: Die Here behartig die regsaak van magteloses, die reg van behoeftiges.

14Waarlik, regverdiges sal u Naam prys; opregtes sal in u teenwoordigheid woon.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 140.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.