Psalms 118AFR20

1Prys die Here, want Hy is goed; ja, vir ewig duur sy troue liefde.

2Laat Israel sê: “Vir ewig duur sy troue liefde.”

3Laat die huis van Aäron sê: “Vir ewig duur sy troue liefde.”

4Laat dié wat vir die Here ontsag het, sê: “Vir ewig duur sy troue liefde.”

5In my angs het ek geroep: “ Here!” Hy het my geantwoord; die Here het vir my ruimte gemaak.

6Die Here is vir my; ek sal nie bang wees nie. Wat kan 'n mens aan my doen?

7Die Here is vir my, as my helper; en ek, ek sal op my haters neersien.

8Dit is beter om by die Here te skuil as om op mense te vertrou.

9Dit is beter om by die Here te skuil as om op vooraanstaandes te vertrou.

10Alle nasies het my omsingel; in die Naam van die Here kon ek hulle waarlik afweer.

11Hulle het my omsingel, ja, hulle het op my toegesak; in die Naam van die Here kon ek hulle waarlik afweer.

12Hulle het my omsingel soos bye, maar hulle is geblus soos 'n vuur in doringstruike. In die Naam van die Here kon ek hulle waarlik afweer.

13Julle het my hard gestamp, dat ek moes val, maar die Here het my gehelp.

14My krag en sterkte was die Here; Hy het my tot hulp gekom.

15Die geluid van jubelkrete en van verlossing klink op in die tente van regverdiges. Die regterhand van die Here doen kragtige dade.

16Die regterhand van die Here is hoog gelig; die regterhand van die Here doen kragtige dade.

17Ek sal nie sterf nie, maar ek sal lewe en vertel van die dade van die Here.

18Die Here het my ernstig tereggewys, maar aan die dood het Hy my nie oorgegee nie.

19Maak vir my die poorte na •geregtigheid oop; ek wil daardeur ingaan, ek wil die Here prys.

20“Dit is die poort na die Here – regverdiges mag daardeur ingaan.”

21Ek wil U prys, omdat U my geantwoord en my te hulp gekom het.

22Die klip wat die bouers afgekeur het, het die hoeksteen geword.

23Van die Here het dit gekom; dit is 'n wonder in ons oë.

24Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons juig en ons in Hom verheug.

25Ag, Here, verlos ons tog! Ag, Here, gee tog voorspoed!

26Geseënd is hy wat kom in die Naam van die Here. Ons seën julle uit die huis van die Here.

27Die Here is God; Hy het vir ons lig laat skyn. Voer met gevlegte takke die kringdans uit tot by die horings van die altaar.

28U is my God en ek prys U! My God, ek wil U verheerlik.

29Prys die Here, want Hy is goed; ja, vir ewig duur sy troue liefde.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 118.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.