Proverbs 7AFR20

1My seun, neem my woorde ter harte; en my opdragte, hou dit veilig by jou.

2Kom my opdragte na, dan sal jy leef; ja, koester my onderrig soos die appel van jou oog.

3Bind dit aan jou vingers, skryf dit op die tafel van jou hart.

4Sê vir wysheid: “Jy is my suster!” En noem insig bloedfamilie,

5sodat dit jou beskerm teen 'n vreemde vrou, teen 'n uitlander met haar vleitaal.

6Want deur die venster van my huis, deur my latwerk, het ek afgekyk;

7en ek sien toe daar by die onkundiges, ja, ek merk toe onder die seuns 'n jong man sonder verstand,

8wat die stegie by haar hoek oorsteek, wat op pad na haar huis stap

9teen skemeraand, toe die nag en donker begin toesak.

10Kyk, toe is daar 'n vrou wat hom tegemoetgaan, met die drag van 'n prostituut, en met 'n listige hart.

11Sy is altyd luidrugtig en koppig. In haar huis is haar voete nie tuis nie;

12sy is nou op straat, dan weer op die dorpspleine, en op elke straathoek is sy op die loer.

13Sy gryp hom en soen hom; met 'n onbeskaamde gesig sê sy vir hom:

14“ Daar is •maaltydoffers by my; vandag het ek my geloftes betaal.

15Daarom het ek uitgegaan om jou te ontmoet; ek was op die uitkyk vir jou, en ek het jou gekry.

16Met dekens het ek my slaapbank opgemaak, met geborduurde linne uit Egipte.

17Ek het my slaapplek besprinkel met mirre, adelhout en kaneel.

18Kom, laat ons ons versadig drink aan die liefdespel tot die môre toe, laat ons swelg in die liefdesgenot.

19Want my man is nie tuis nie; hy het op reis gegaan, ver weg.

20Hy het die sak met geld met hom saamgeneem; teen die tyd van volmaan sal hy eers huis toe kom.”

21Sy verlei hom met haar stortvloed oortuigende woorde, met haar gladde mond haal sy hom oor.

22Hy loop dadelik agter haar aan; soos 'n bees na die slagplek gaan hy in, met die huppel van 'n rooitakbok op pad na 'n vangstrik

23– totdat 'n pyl sy lewer deurboor – soos 'n voël hom haas na 'n net; maar hy weet nie dit gaan sy lewe kos nie.

24Daarom, seuns, luister na my, en slaan ag op die woorde uit my mond.

25Laat jou hart nie afdraai na haar weë nie; moenie op haar paaie ronddwaal nie.

26Ja, baie gesneuweldes het sy laat val, en talryk is al haar slagoffers.

27Paaie na die •doderyk is haar huis; hulle lei af na die binnekamers van die dood.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Proverbs 7.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.