Bible

Connect

With Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Proverbs 5

:
Afrikaans - AFR20
1 My seun, op my wysheid moet jy ag slaan, vir my verstandigheid moet jy jou ore spits,
2 om sodoende goeie oordeel te kan bewaar, en op kennis, dat jou lippe daarby hou.
3 Want die lippe van 'n vreemde vrou drup van heuning, en gladder as olie is haar mond.
4 Maar uiteindelik is sy so bitter soos wildeals, so skerp soos 'n tweesnydende swaard.
5 Haar voete gaan af na die dood, op die •doderyk stuur haar voetstappe af.
6 Die pad van die lewe sy hou dit nie in die oog nie. Haar paaie is onbestendig, maar sy besef dit nie.
7 Daarom, seuns, luister na my, en moenie afwyk van die woorde uit my mond nie.
8 Hou jou pad ver van haar af! Moenie eers naby haar huis se deur kom nie;
9 anders gee jy jou bloeityd aan andere, jou beste jare aan 'n hartelose;
10 anders eet vreemdes hulle versadig aan jou vermoë, en beland dit wat jy met inspanning verdien het, in die huis van 'n buitelander.
11 Uiteindelik sal jy kreun, wanneer jou vlees en jou liggaam daarmee heen is.
12 Jy sal sê: “Hoe het ek vermaning gehaat, hoe het my hart teregwysing versmaai!
13 Ek het nie geluister na die stem van my leermeesters nie, na hulle wat my onderrig het, my oor nie gedraai nie.
14 So byna was ek uitgelewer aan elke onheil, midde-in die byeenkoms van die volksvergadering.
15 Drink water uit jou eie opgaarput, en lopende water uit jou eie bron.
16 Moet jou fonteine straataf spoel, op die dorpspleine watervore word?
17 Hulle is vir jou alleen bedoel, nie vir •vreemdelinge by jou nie.
18 Mag jou waterbron geseënd wees; verheug jou oor die vrou van jou jeug
19 'n bekoorlike rooitakbokkie, 'n grasieuse klipbokooitjie. Haar borste, mag hulle jou altyd bevredig; mag jy deur haar liefkosings voortdurend bedwelmd wees.
20 Waarom sou jy jou laat bedwelm, my seun, deur 'n vreemde, die boesem van 'n uitlander omhels?
21 Voor die van die Here is die weë van 'n man immers oop en bloot, en al sy paaie hou Hy in die oog.
22 Die goddelose sy eie sondeskuld vang hom, en in die strikke van sy sonde word hy vasgeknel.
23 Hy, hy sterf weens 'n gebrek aan vermaning, en deur die omvang van sy sotheid, verdwaal hy.