Proverbs 4AFR20

1Seuns, luister na die vermaning van 'n vader, en slaan ag daarop om insig te leer ken.

2Want dit is goeie onderrig wat ek julle gee; my onderwysing – moet dit nie verontagsaam nie.

3Toe ek 'n seun was by my vader, onervare, en die enigste voor my moeder,

4het hy my geleer en vir my gesê: “Jou hart moet my woorde vashou. Kom my gebooie na, dan sal jy leef.

5Verwerf wysheid, verwerf insig, vergeet dit nie; wyk nie af van die woorde uit my mond nie.

6Moet haar, die wysheid, nie verontagsaam nie; dan sal sy jou beskerm. Wees lief vir haar, dan sal sy jou bewaak.

7Die begin van wysheid is: Verwerf wysheid, verwerf insig met alles wat jy besit!

8Stel haar hoog op prys, dan sal sy jou verhoog; sy sal aan jou eer gee as jy haar omarm.

9Sy sal op jou kop 'n swierige krans sit, 'n sierlike kroon aan jou skenk.

10“ Luister, my seun, en aanvaar my woorde sodat jou lewensjare baie kan wees.

11Op die pad van wysheid sal ek jou begelei, ek sal jou laat loop op reguit paaie.

12Wanneer jy loop, sal jou voetstappe nie belemmer word nie; en as jy hardloop, sal jy nie struikel nie.

13Hou vas aan vermaning, moet dit nie laat vaar nie; hou daarby, want dit is jou lewe.

14Op die pad van goddeloses moet jy nie kom nie; en moenie die weg van slegte mense betree nie.

15Vermy dit, moet dit nie eers oorsteek nie, draai weg daarvan en gaan verby.

16Want hulle kan nie slaap nie, behalwe as hulle kwaad doen; hulle slaap bly weg, tensy hulle iemand tot 'n val bring.

17Ja, hulle eet brood van goddeloosheid, en wyn van geweld drink hulle.

18Die pad van regverdiges is soos die helder oggendlig – dit verhelder geleidelik tot die volle dag.

19Die weg van goddeloses is soos die donker – hulle weet nie waaroor hulle struikel nie.

20“ My seun, slaan ag op my uitsprake; spits jou ore vir my woorde.

21Laat hulle nie aan jou oë ontglip nie; bewaar hulle diep in jou hart.

22Want dit is die lewe vir hulle wat dit vind; vir die hele liggaam bring dit genesing.

23Bewaak jou hart meer as enigiets wat bewaar word, want daaruit ontspring die lewe.

24Bly weg van 'n mond wat valsheid verkondig, en slinkse lippe, hou dit ver van jou.

25Jou oë moet vorentoe kyk, jou blik moet reg voor jou gerig wees.

26Hou die pad vir jou voet gelyk; en al jou weë, laat dit bestendig wees.

27Moenie regs of links afdraai nie, hou jou voet weg van die kwaad.”

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Proverbs 4.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.