Proverbs 11AFR20

1'n Vals weegskaal is vir die Here afstootlik, maar 'n egte gewig geniet sy goedkeuring.

2As verwaandheid kom, kom skande, maar by beskeie mense is daar wysheid.

3Die onkreukbaarheid van opregtes lei hulle, maar die verdorwenheid van verraderlikes vernietig hulle.

4Rykdom baat niks in 'n tyd van gramskap nie, maar regverdigheid red van die dood.

5Die regverdigheid van dié wat onberispelik is, maak sy pad gelyk, maar deur sy goddeloosheid val 'n goddelose.

6Die regverdigheid van opregtes red hulle, maar deur die wispelturigheid van verraderlikes word hulle self gevang.

7By die dood van 'n goddelose is sy hoop daarmee heen, en die verwagting wat rykdom bied, verlore.

8Die regverdige word uit nood bevry, en 'n goddelose neem dan sy plek in.

9Met die mond vernietig 'n ongelowige sy medemens, maar deur kennis word regverdiges bevry.

10Oor die voorspoed van regverdiges is 'n dorp verheug, en wanneer goddeloses ten gronde gaan, is daar jubelkrete.

11Deur die seën van opregtes bereik 'n dorp hoogtes, maar deur die mond van goddeloses word dit afgebreek.

12Wie sy naaste verkleineer, is sonder verstand, maar iemand met insig bly stil.

13Wie as 'n skindertong rondgaan, openbaar geheime, maar 'n betroubare persoon hou die saak verborge.

14Sonder leierskap val 'n volk, maar oorwinning lê by baie raadgewers.

15Iemand sal beslis skade ly wanneer hy vir 'n vreemde borg staan; wie 'n weersin het in die gee van handdrukke, is veilig.

16'n Bekoorlike vrou palm eer in, maar geweldenaars palm rykdom in.

17Wie troue liefde betoon, doen goed aan homself; 'n hartelose mens stort homself in die ongeluk.

18'n Goddelose maak bedrieglike wins, maar wie geregtigheid saai, kry 'n egte beloning.

19Egte regverdigheid is gerig op die lewe, maar wie kwaad najaag, stuur af op sy dood.

20Mense met geslepe harte is vir die Here afstootlik, maar dié met 'n onbesproke lewenspad geniet sy goedkeuring.

21Dit staan vas: Kwaad bly nie ongestraf nie, maar die nakomelinge van regverdiges kom vry.

22'n Goue ring aan 'n vark se snoet – so is 'n vrou wat mooi is, maar goeie oordeel prysgee.

23Wat regverdiges begeer, strek net ten goede, maar die hoop van goddeloses bring gramskap.

24Daar is iemand wat uitdeel, en hy verkry steeds meer, en een wat meer as wat nodig is, terughou – net om gebrek te ly.

25'n Gulhartige persoon geniet oorvloed, en wie 'n ander se dors les, kry self ook genoeg te drinke.

26Wie graan terughou – die mense vervloek hom, maar seën rus op die kop van iemand wat koring te koop aanbied.

27Wie die goeie voor oë het, soek aanvaarding, maar wie kwaad nastreef – dit haal hom in.

28Wie op sy rykdom vertrou, val self, maar soos groen blare spruit regverdiges uit.

29Wie rampspoed oor sy huis bring, erf wind, en 'n sot word die slaaf van 'n verstandige mens.

30Die vrug van 'n regverdige is 'n boom van lewe, maar geweld neem lewens weg.

31As 'n regverdige op aarde vergeld word, hoeveel te meer 'n goddelose en 'n sondaar!

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Proverbs 11.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.