Proverbs 12AFR20

1Wie vermaning liefhet, het kennis lief, maar wie teregwysing haat, is dom.

2'n Goeie mens geniet die Here se goedkeuring, maar iemand met slinkse planne veroordeel Hy.

3'n Mens kan nie bestendig wees deur goddeloosheid nie, en die wortel van regverdiges kan nie losgeskud word nie.

4'n Knap vrou is 'n kroon vir haar man, maar soos verrotting in sy gebeente is 'n vrou wat skande maak.

5Die planne van regverdiges is reg, maar die leiding van goddeloses is bedrieglik.

6Die woorde van goddeloses is 'n hinderlaag tot bloedvergieting, maar die monde van opregtes red hulle.

7Goddeloses word omvergewerp en is nie meer daar nie, maar die huis van regverdiges bly staan.

8Ooreenkomstig sy skranderheid word 'n man geprys, maar iemand met 'n verwarde hart is uitgelewer aan veragting.

9Wie gering geag word, maar tog 'n slaaf het, is beter as iemand wat hom belangrik voordoen, maar 'n gebrek aan brood het.

10'n Regverdige ken die behoeftes van sy diere, maar die ontferming van goddeloses is wreed.

11Wie sy grond bewerk, eet hom versadig aan brood, maar wie nietighede najaag, is sonder verstand.

12'n Goddelose vind vreugde in 'n vangnet van booshede, maar die wortel van regverdiges is goed gevestig.

13In 'n oortreding met die lippe lê die valstrik vir 'n bose mens, maar 'n regverdige ontkom aan benoudheid.

14Uit die vrug van iemand se mond word hy met die goeie versadig, en die werk van 'n mens se hande vergoed hom.

15Die pad van 'n sot is reg in sy eie oë, maar 'n wyse luister na raad.

16'n Sot laat dadelik sy misnoeë blyk, maar 'n slim mens sien belediging oor die hoof.

17'n Betroubare getuie bring na vore wat reg is, maar 'n vals getuie net wat bedrieglik is.

18Daar is skinderpraatjies wat soos dolksteke is, maar die tong van wyses is 'n geneesmiddel.

19'n Betroubare lip hou stand vir altyd, maar 'n vals tong net vir 'n oomblik.

20Bedrog is in die hart van hulle wat kwaad beplan, maar vir hulle wat vrede aanbeveel, is daar vreugde.

21Geen onreg sal die regverdiges tref nie, maar goddeloses het onheil in oormaat.

22Afstootlik vir die Here is vals lippe, maar hulle wat betroubaar optree, geniet sy goedkeuring.

23'n Slim mens hou sy kennis verborge, maar die harte van dwase roep uit: “Sotheid!”

24Die hand van vlytiges sal regeer, maar trae hande is bestem vir dwangarbeid.

25Kommer in die hart van 'n mens maak die hart neerslagtig, maar 'n vriendelike woord beur dit op.

26'n Regverdige soek sy vriende uit, maar die pad van goddeloses lei hulle op 'n dwaalspoor.

27'n Trae persoon braai nie sy wild nie, maar vir 'n vlytige mens is besittings kosbaar.

28Op die weg van geregtigheid is daar lewe, maar die pad van hulle wat 'n wrok koester, lei na die dood.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Proverbs 12.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.