Bible

Simplify

Your Church Tech & Streamline Your Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Numbers 28

:
Afrikaans - AFR20
1 Die Here het met Moses gepraat en gesê:
2 Gee aan die Israeliete opdragte en vir hulle, ‘Wat my offers betref: Let nougeset daarop om op die vasgestelde tyd my voedsel, my offergawes, as 'n geur wat My behaag, vir My aan te bied.’
3 vir hulle, ‘Dit is die offergawe wat julle vir die Here moet aanbied: twee jaaroud ramlammers sonder gebrek, daagliks as 'n gereelde •brandoffer.
4 Een ramlam moet jy in die oggend offer en die tweede ramlam teen laatmiddag
5 en 'n tiende van 'n efa gesifte meel as •graanoffer, gemeng met 'n kwart hin geparste olyfolie.
6 Dit is die gereelde brandoffer wat op die berg Sinai gebring is as 'n geurige offer, 'n offergawe aan die Here.
7 Die bypassende •drankoffer is 'n kwart hin saam met die eerste ramlam. In die heiligdom moet jy die drankoffer van sterk drank vir die Here uitgiet.
8 Die tweede ramlam moet jy teen laatmiddag offer. Soos die •graanoffer in die oggend, moet jy dit offer en die bypassende drankoffer as 'n geurige offer, 'n offergawe aan die Here.
9 Op die Sabbatdag moet twee jaaroud ramlammers sonder gebrek en twee tiendes van 'n efa gesifte meel as graanoffer, gemeng met olyfolie en die bypassende drankoffer, gebring word
10 'n brandoffer op elke Sabbatdag, by die gereelde brandoffer en bypassende drankoffer.
11 ‘Op die eerste dag van elke maand moet julle vir die Here 'n brandoffer aanbied: twee jong bulle en een ram, asook sewe jaaroud ramlammers sonder gebrek;
12 drie tiendes van 'n efa gesifte meel, gemeng met olyfolie, as •graanoffer by elke bul en twee tiendes van 'n efa gesifte meel, gemeng met olyfolie, as graanoffer by elke ram;
13 'n tiende van 'n efa gesifte meel, gemeng met olyfolie, as graanoffer by elke ramlam. Dit is 'n brandoffer met 'n aangename geur, 'n offergawe aan die Here.
14 Die bypassende drankoffers is 'n halwe hin wyn vir 'n bul, 'n derde hin vir 'n ram en 'n kwart hin vir 'n ramlam. Dit is die brandoffer met elke nuwemaan, vir al die maande van die jaar.
15 Een bokram moet as •reinigingsoffer vir die Here gebring word, naas die gereelde brandoffer en bypassende drankoffer.’
16 In die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, is dit die Pasga van die Here.
17 Op die vyftiende dag van dieselfde maand is daar 'n fees sewe dae lank moet ongesuurde brood geëet word.
18 Op die eerste dag moet daar 'n heilige byeenkoms wees. Julle mag geen gewone take verrig nie.
19 Julle moet 'n offergawe, 'n brandoffer, vir die Here aanbied: twee jong bulle, een ram en sewe jaaroud ramlammers. Hulle moet sonder gebrek wees.
20 Die bypassende •graanoffer van gesifte meel, gemeng met olyfolie, moet julle ook bring: drie tiendes van 'n efa vir die bul en twee tiendes van 'n efa vir die skaapram.
21 'n Tiende van 'n efa moet jy offer vir elkeen van die sewe ramlammers,
22 dan ook nog een bokram as reinigingsoffer om vir julle versoening te doen.
23 Afgesien van die brandoffer in die oggend, wat die gereelde brandoffer is, moet julle hierdie offers bring.
24 Op dié wyse moet julle elke dag, sewe dae lank, voedsel offer, 'n geurige offer, 'n offergawe aan die Here. By die gereelde brandoffer en die bypassende drankoffer moet julle dit offer.
25 Op die sewende dag moet julle 'n heilige byeenkoms hou. Julle mag geen gewone take verrig nie.
26 ‘Op die dag van die eerste opbrengs van die oes, wanneer julle 'n graanoffer van die nuwe oes vir die Here aanbied tydens julle Fees van die Weke, moet julle 'n heilige byeenkoms hou. Julle mag geen gewone take verrig nie.
27 Julle moet as 'n brandoffer, as 'n geurige offer vir die Here, twee jong bulle, een ram en sewe jaaroud ramlammers, aanbied,
28 met die bypassende graanoffer van gesifte meel, gemeng met olyfolie: drie tiendes van 'n efa vir elke bul, twee tiendes van 'n efa vir die een ram,
29 'n tiende van 'n efa vir elkeen van die sewe ramlammers,
30 en dan ook nog een bokram om vir julle versoening te doen.
31 Afgesien van die gereelde brandoffer en die bypassende graanoffer, moet julle dit met bypassende drankoffers bring. Hulle moet sonder gebrek wees.’