Numbers 29
1 “ ‘ In die sewende maand, op die eerste van die maand, moet julle 'n heilige byeenkoms hou. Julle mag geen gewone take verrig nie. Dit moet vir julle 'n dag wees waarop op •ramshorings geblaas word.
2 Julle moet •brandoffers bring as aangename geur vir die Here: een jong bul, een ram en sewe jaaroud ramlammers sonder gebrek,
3 met die bypassende •graanoffer van gesifte meel, gemeng met olyfolie: drie tiendes van 'n efa vir die bul, twee tiendes van 'n efa vir die ram
4 en 'n tiende van 'n efa vir elk van die sewe ramlammers.
5 Offer ook een bokram as •reinigingsoffer om vir julle versoening te doen –
6 afgesien van die brandoffer met nuwemaan en bypassende graanoffer, die gereelde brandoffer en bypassende graanoffer, en al die bypassende •drankoffers soos voorgeskryf, as 'n aangename geur, 'n offergawe aan die Here.
7 “ ‘ Op die tiende van hierdie sewende maand moet julle 'n heilige byeenkoms hou. Julle moet julle verootmoedig, en geen werk mag julle doen nie.
8 Julle moet dan 'n brandoffer vir die Here aanbied as 'n geurige offer: een jong bul, een ram en sewe jaaroud ramlammers – sonder gebrek moet hulle wees –
9 en die bypassende graanoffer van gesifte meel, gemeng met olyfolie: drie tiendes van 'n efa vir die bul, twee tiendes van 'n efa vir die een ram,
10 'n tiende van 'n efa vir elk van die sewe ramlammers.
11 Offer ook een bokram as reinigingsoffer, afgesien van die reinigingsoffer vir die versoening, by die gereelde brandoffer, met sy bypassende graanoffer en al die bypassende drankoffers.
12 “ ‘ Op die vyftiende dag van die sewende maand moet julle 'n heilige byeenkoms hou. Julle mag geen gewone take verrig nie. Julle moet sewe dae lank feesvier ter ere van die Here.
13 Julle moet 'n brandoffer, 'n offergawe met 'n aangename geur vir die Here, aanbied: dertien jong bulle, twee ramme, veertien jaaroud ramlammers, sonder gebrek moet hulle wees,
14 en die bypassende graanoffer van gesifte meel, gemeng met olyfolie: drie tiendes van 'n efa vir elkeen van die dertien bulle, twee tiendes van 'n efa vir elkeen van die twee ramme,
15 en 'n tiende van 'n efa vir elkeen van die veertien ramlammers.
16 Offer ook een bokram as reinigingsoffer, afgesien van die gereelde brandoffer en die bypassende graan- en drankoffer.
17 “ ‘Op die tweede dag is dit twaalf jong bulle, twee ramme en veertien jaaroud ramlammers sonder gebrek
18 met die bypassende graanoffer en drankoffers vir die bulle, die ramme en die ramlammers met die hoeveelhede soos voorgeskryf,
19 asook een bokram as reinigingsoffer – dit is afgesien van die gereelde brandoffer met sy bypassende graanoffer en al die bypassende drankoffers.
20 “ ‘Op die derde dag is dit elf bulle, twee ramme en veertien jaaroud ramlammers sonder gebrek,
21 met die bypassende graanoffer en drankoffers vir die bulle, die ramme en die ramlammers, met die hoeveelhede soos voorgeskryf,
22 asook een bokram as reinigingsoffer – dit is afgesien van die gereelde brandoffer met sy bypassende graanoffer en drankoffer.
23 “ ‘Op die vierde dag is dit tien bulle, twee ramme en veertien jaaroud ramlammers sonder gebrek
24 met die bypassende graanoffer en drankoffers vir die bulle, die ramme en die ramlammers, met die hoeveelhede soos voorgeskryf,
25 asook een bokram as reinigingsoffer – dit is afgesien van die gereelde brandoffer met sy bypassende graanoffer en drankoffer.
26 “ ‘Op die vyfde dag is dit nege bulle, twee ramme en veertien jaaroud ramlammers sonder gebrek,
27 met die bypassende graanoffer en drankoffers vir die bulle, die ramme en die ramlammers, met die hoeveelhede soos voorgeskryf,
28 asook een bokram as reinigingsoffer – dit is afgesien van die gereelde brandoffer met sy bypassende graanoffer en drankoffer.
29 “ ‘Op die sesde dag is dit agt bulle, twee ramme en veertien jaaroud ramlammers sonder gebrek
30 met die bypassende graanoffer en drankoffers vir die bulle, die ramme en die ramlammers, met die hoeveelhede soos voorgeskryf,
31 asook een bokram as reinigingsoffer – dit is afgesien van die gereelde brandoffer en die bypassende graanoffer en drankoffers.
32 “ ‘Op die sewende dag is dit sewe bulle, twee ramme en veertien jaaroud ramlammers sonder gebrek,
33 met die bypassende graanoffer en drankoffers vir die bulle, die ramme en die ramlammers, met die hoeveelhede soos voorgeskryf,
34 asook een bokram as reinigingsoffer – dit is afgesien van die gereelde brandoffer met sy bypassende graanoffer en drankoffer.
35 “ ‘Die agtste dag moet vir julle 'n gewyde rusdag wees. Julle mag geen gewone take verrig nie.
36 Julle moet 'n brandoffer, 'n offergawe met 'n aangename geur vir die Here, aanbied: een bul, een ram en sewe jaaroud ramlammers sonder gebrek,
37 met die bypassende graanoffer en drankoffers vir die bul, die ram en die ramlammers, met die hoeveelhede soos voorgeskryf,
38 asook een bokram as reinigingsoffer – dit is afgesien van die gereelde brandoffer met sy bypassende graanoffer en drankoffer.
39 “ ‘Dit is wat julle, afgesien van julle gelofte-offers en julle vrywillige gawes, vir die Here moet offer op julle vasgestelde feestye, naamlik julle •brandoffers, julle graanoffers, julle drankoffers en julle •maaltydoffers.’ ”
40 Moses het vir die Israeliete gesê net soos die Here beveel het.