Bible

Focus

On Your Ministry and Not Your Media

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Micah 6

:
Afrikaans - AFR20
1 Julle moet hoor wat die Here sê: “Staan op, 'n klag voor die berge, en laat die heuwels jou stem hoor.
2 Luister, berge, na die aanklag van die Here, luister, onwrikbare fondamente van die aarde! Ja, die Here 'n klag teen sy volk; Hy het 'n regsaak met Israel,
3 ‘My volk, wat het Ek aan jou gedoen en hoe het Ek jou vermoei? Antwoord My!
4 Ek het jou immers laat optrek uit Egipteland, uit die plek van slawerny het Ek jou losgekoop. Ek het Moses, Aäron en Mirjam voor jou uit gestuur.
5 My volk, onthou tog wat Balak, die koning van Moab beplan het, en wat Bileam, die seun van Beor, hom geantwoord het. Onthou wat gebeur het van Sittim tot by Gilgal, sodat jy die regverdige dade van die Here kan erken.’
6 “Waarmee sal ek die Here tegemoetgaan, my neerbuig voor die verhewe God? Sal ek Hom tegemoetgaan met •brandoffers, met jaaroudkalwers?
7 Sal die Here genoeë neem met duisende ramme, met tienduisende strome olyfolie? Moet ek my eersgeborene gee vir my oortreding, die vrug van my liggaam vir my eie sonde?”
8 Hy het aan jou, mens, bekend gemaak wat goed is: Wat anders eis die Here van jou as om net te doen wat reg is, om troue liefde te bewys en om nederig die pad saam met jou God te loop?
9 Die stem van die Here roep tot die stad (dit is verstandig om vir u Naam ontsag te hê): “Luister na die straf en wie dit bepaal het.
10 Is daar steeds in die huis van die goddelose skatte wat deur onreg verkry is en 'n verkleinde efa, wat vervloek is?
11 Sal Ek 'n vals weegskaal en 'n sak met vals gewigte oorsien?
12 Die stad se rykes is vol geweld en die inwoners praat leuens; hulle tonge is die ene bedrog in hulle monde.
13 Ek sal dan nou ook begin om jou te straf, om jou te verwoes oor jou sondes.
14 Jy sal eet, maar nie versadig word nie. Hy sal jou binne-in die stad verneder. Jy sal mense verskuif, maar nie na veiligheid bring nie, en wie jy wel beveilig, sal Ek aan die swaard oorgee.
15 Jy sal saai, maar nie oes nie; jy sal olywe pars, maar jouself nie met olie invryf nie; jy sal druiwe trap, maar nie •nuwe wyn drink nie.
16 “Jy het die wette van Omri onderhou en alles gedoen wat die huis van Agab gedoen het; julle het hulle raad gevolg. Daarom sal Ek jou 'n skrikbeeld maak en die inwoners van die stad die rede vir 'n gefluit. Julle sal my volk se vernedering moet dra.