Bible

Focus

On Your Ministry and Not Your Media

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Micah 2

:
Afrikaans - AFR20
1 Wee hulle wat onreg bedink, wat kwaad beplan op hulle beddens! Teen dagbreek voer hulle dit uit, want die mag is in hulle hande.
2 Hulle begeer stukke grond, en neem dit af, huise, en neem dit in besit. Hulle bedreig 'n man en sy gesin, 'n mens en sy erfdeel.
3 Daarom, so die Here: “Kyk, Ek beplan onheil teen hierdie geslag, 'n onheil waaruit julle nie julle nekke sal kan trek nie. Julle sal nie regop kan loop nie, omdat dit 'n tyd van onheil sal wees.”
4 Op daardie dag sal iemand 'n spotlied oor julle laat opklink, 'n klaaglied sing: “Dit is verby met ons!” sal hy sê. “Ons is heeltemal vernietig! Hy vervreem die eiendom van my mense! Hoe ontneem Hy my dit! As vergelding verdeel Hy ons grond.”
5 Daarom sal niemand julle verteenwoordig in die geloofsgemeenskap van die Here wanneer die land deur loting verdeel word nie.
6 “Julle moet nie driftig profeteer nie,” hulle driftig. “'n Mens mag nie hierdie dinge driftig profeteer nie. Beledigings sal in elk geval niks bereik nie.
7 Kan dit gesê word, huis van Jakob? Is die Here ongeduldig, of is dit sy dade hierdie?” “Doen my woorde nie iemand goed wat die regte pad loop nie?
8 Maar julle het vir my volk 'n vyand geword wat teenoor vredeliewende mense stelling inneem: Julle pluk die mantel af van niksvermoedende verbygangers, mense wat uit 'n oorlog terugkeer.
9 Julle verdryf die vroue van my volk uit huise waaraan hulle verknog is; van hulle kinders ontneem julle vir altyd die waardigheid wat Ek gee.
10 Maak gereed en gaan weg, want dit is nie 'n tuiste hierdie nie! Omdat dit •onrein is, sal dit vernietig word 'n verskriklike vernietiging.”
11 As iemand maar net voortdurend onsin en die leuen versprei, “Ek sal vir jou driftig profeteer oor wyn en sterk drank”, dan word hy die driftige profeet van hierdie mense!
12 Ek sal jou beslis bymekaarmaak, Jakob, almal van julle; Ek sal beslis die oorblyfsel van Israel byeenbring. Ek sal hulle versamel soos kleinvee in 'n kraal, soos 'n trop diere in 'n weiveld; daar sal 'n rumoer van mense wees.
13 Die een wat deurbreek, gaan voor hulle uit. Hulle breek deur en gaan deur 'n poort; hulle gaan daardeur uit! Hulle Koning gaan voor hulle uit, die Here is op die voorpunt!”