Lamentations 5AFR20

1Onthou, Here, wat met ons gebeur het; kyk tog, en sien ons vernedering raak!

2Ons erfenis is oorhandig aan vreemdes, ons huise aan buitelanders.

3Weeskinders het ons geword – ons is sonder 'n vader; ons moeders is soos weduwees.

4Ons betaal vir ons drinkwater; ons hout kom teen 'n prys.

5Ons agtervolgers blaas in ons nekke; ons is uitgeput, ons word nie rus gegun nie.

6Ons moes 'n verdrag sluit met Egipte, ook met Assirië, om met brood versadig te word.

7Ons voorouers het gesondig; hulle is nie meer daar nie, maar ons dra hulle skuld.

8Slawe heers oor ons; niemand red ons uit hulle hand nie.

9In lewensgevaar verkry ons ons brood, weens die swaard in die woestyn.

10Ons vel gloei soos 'n oond; ons brand van honger.

11Vroue is in Sion verkrag, jong meisies in die stede van Juda.

12Vorste is aan hulle hande opgehang; oudstes is met minagting behandel.

13Jong manne moet met meulstene werk; jong seuns steier onder hout.

14Oudstes het uit die stadspoort verdwyn, ook die jong manne se snarespel.

15Vreugde het verdwyn uit ons hart; ons dans het in roubeklag verander.

16Die kroon het van ons kop geval. Wee ons, want ons het gesondig.

17Hieroor het ons hart gebreek, hieroor het ons oë dof geword:

18oor die berg Sion verlate is, oor jakkalse daar ronddwaal.

19U, Here, U heers vir ewig. U troon is van geslag tot geslag.

20Waarom vergeet U ons vir altyd, waarom verlaat U ons vir goed?

21Bring ons terug na U toe, Here, sodat ons kan terugkeer; maak ons dae nuut soos voorheen,

22tensy U ons heeltemal verwerp het, tensy U uitermate woedend vir ons is.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Lamentations 5.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.