Bible

Focus

On Your Ministry and Not Your Media

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

John 2

:
Afrikaans - AFR20
1 Op die derde dag was daar 'n •bruilofsfees by Kana in Galilea, en Jesus se moeder was daar.
2 Ook Jesus en sy dissipels is na die bruilofsfees genooi.
3 Toe die wyn opraak, Jesus se moeder vir Hom: “Hulle het nie meer wyn nie.”
4 Maar Jesus vir haar: “Vrou, waarom pla u My? My uur het nog nie aangebreek nie.
5 Sy moeder vir die dienaars: “Doen wat Hy ook al vir julle sê.”
6 Daar het, ooreenkomstig die reinigingsgebruike van die Jode, ses klipkanne gestaan wat elk tussen twee en drie metretes kon hou.
7 Jesus toe vir hulle: “Maak die kanne vol water.” En hulle het dit tot bo toe volgemaak.
8 Daarop Hy vir hulle: “Skep nou daarvan uit en neem dit vir die hoofkelner.” Hulle het dit toe geneem.
9 Toe die hoofkelner die water proe wat wyn geword het hy het nie geweet waar dit vandaan kom nie, hoewel die dienaars wat die water uitgeskep het, geweet het roep hy die bruidegom
10 en vir hom: “'n Mens sit eers die goeie wyn voor, en eers wanneer hulle begin dronk word, dié van swakker gehalte; maar jy het die goeie wyn tot nou teruggehou.”
11 Dit het Jesus by Kana in Galilea gedoen, die begin van sy tekens. Hy het sy heerlikheid geopenbaar en sy dissipels het in Hom geglo.
12 Hierna het Hy, sy moeder, sy broers en sy dissipels na Kapernaum afgegaan, maar nie baie lank daar gebly nie.
13 Die Pasga van die Jode was op hande, en Jesus het opgegaan na Jerusalem.
14 Op die tempelterrein het Hy verkopers van beeste, skape en duiwe aangetref, en ook die geldwisselaars wat daar sit.
15 Daarop het Hy 'n sweep van toue gemaak en almal van die tempelterrein weggejaag, ook die skape en die beeste, en die munte van die geldwisselaars het Hy uitgegooi en die tafels omgekeer.
16 Vir dié wat duiwe verkoop, het Hy gesê: “Vat hierdie goed hier weg! Hou op om die huis van my Vader 'n huis te maak waar handel gedryf word!”
17 Sy dissipels het onthou dat daar geskryf staan: “Die hartstog vir u huis sal My verteer.”
18 Die Jode vra Hom toe: “Met watter teken kan jy vir ons bewys dat jy hierdie dinge doen?”
19 Jesus het hulle geantwoord: “Breek hierdie tempel af, en binne drie dae sal Ek dit opbou.”
20 Daarop het die Jode gesê: “Ses-en-veertig jaar gelede is daar aan hierdie tempel begin bou, en jy sal dit binne drie dae opbou?”
21 Maar Hy het van die tempel van sy liggaam gepraat.
22 Toe Hy later uit die dood opgewek is, het sy dissipels onthou dat Hy dit gesê het, en hulle het die Skrif en die woord wat Jesus gespreek het, geglo.
23 Toe Jesus tydens die Pasga in Jerusalem was, het talle die tekens gesien wat Hy doen en in sy Naam geglo.
24 Maar Jesus het Hom nie op hulle verlaat nie, omdat Hy alle mense ken.
25 Hy het nie nodig gehad dat iemand van die mens getuig nie; want Hy het self geweet wat daar in die mens is.