Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

Job 9

:
Afrikaans - AFR20
1 Job het hierop gereageer en gesê:
2 “Inderdaad! Ek weet dat dit so is. Maar hoe kan 'n sterfling voor God die reg aan sy kant hê?
3 As iemand graag 'n regstryd met Hom wil voer, sal hy hom nie eers een uit 'n duisend keer kan verweer nie.
4 God wat wys van hart en sterk in vermoë is wie was al in verset teen Hom en het ongedeerd daarvan afgekom?
5 Hy is die een wat berge verskuif sonder dat hulle dit agterkom, wat hulle in sy toorn omkeer;
6 Hy wat die aarde uit sy plek skud, sodat sy pilare bewe;
7 Hy wat die son aanspreek, sodat dit nie skyn nie, en wat so die sterre verseël;
8 wat die hemel oopspan, Hy alleen, wat op die see se rûe trap;
9 wat die sterrebeeld van die Leeu, Orion en die Sewester gemaak het, ook die kamers van die suide;
10 wat groot en ondeurgrondelike dinge, ontelbare wonders, doen.
11 Kyk, Hy kom langs my verby, maar ek sien Hom nie raak nie. Hy gaan verby, maar ek gewaar Hom nie.
12 Kyk, Hy ruk weg; wie kan Hom teenhou? Wie kan vir Hom sê, ‘Wat doen U?’
13 God wend nie sy toorn af nie onder Hom kruip die helpers van Rahab.
14 Hoe kan ék my dan teen Hom verweer, my woorde in verweer teen Hom kies,
15 ek wat, al het ek gelyk, my nie sal kan verweer nie? By my teenstander moet ek om genade smeek.
16 As ek my op Hom beroep, en Hy antwoord my, glo ek nie dat Hy op my roepstem sal ag slaan nie,
17 Hy wat my met 'n stormwind vasgryp, en my wonde sonder rede meer maak.
18 Hy laat my nie toe om my asem terug te kry nie, maar versadig my met bitterheid.
19 As dit oor krag gaan Hy is die Sterke! As dit oor reg gaan, Hy, ‘Wie kan My dagvaar?’
20 Al het ek gelyk, verklaar my mond my skuldig; al tree ek onberispelik op, toon dit dat ek verkeerd is.
21 Ek tree onberispelik op. Ek gee nie om vir my lewe nie; ek verag my bestaan.
22 Dit is om't ewe. Daarom ek, ‘Onberispelik of goddeloos Hy vernietig albei.’
23 As 'n ramp onverwags die dood bring Hy dryf die spot met die wanhoop van onskuldiges.
24 Die aarde is oorgegee in die hand van goddeloses; die gesigte van die aarde se regters bedek Hy. As dit nie Hy is nie, wie is dit dan?
25 My dae is vinniger as 'n hardloper, dit het weggeglip; dit het niks goeds opgelewer nie,
26 dit gly verby saam met papirusbootjies, soos 'n arend wat sweef bo 'n prooi.
27 As ek sê, ‘Ek wil my klagte vergeet, my gesigsuitdrukking verander en vrolik lyk,’
28 word ek bang vir al my lyding: Ek weet dat U my nie sal vryspreek nie.
29 Ek is die een wat skuldig sal bly. Waarom sou ek my dan nog vermoei vir niks?
30 Al was ek my met sneeuwater, en reinig my hande met potas,
31 sal U my steeds in 'n kuil dompel, sodat selfs my klere my afstootlik vind.
32 Ja, Hy is nie 'n mens, soos ek, dat ek my teenoor Hom kan verweer, en ons saam na die gereg kan gaan nie.
33 As daar maar iemand was wat die saak tussen ons kon besleg, wat sy hand oor ons albei kon hou!
34 God sou sy staf van my moes verwyder; sy verskrikking sou my dan nie ontstel nie.
35 Dan kon ek praat sonder om Hom te vrees; maar in my geval is dit nie so nie.