Bible

Say Goodbye

To Clunky Software & Sunday Tech Stress!

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Job 31

:
Afrikaans - AFR20
1 Ek het 'n verbond met my gesluit hoe sou ek dan aandag gee aan 'n jongmeisie?
2 Watter erfdeel is daar van God daar bo, watter erfenis van die Almagtige in die hoogtes?
3 Is dit nie teenspoed vir 'n boosdoener, en rampe vir wie onreg pleeg nie?
4 Sien Hy dan nie my paaie nie; en al my treë, tel Hy dit nie?
5 As ek vals sou optree, en my voete hulle na bedrog haas
6 laat God my dan weeg op 'n onvervalste skaal, sodat Hy van my onberispelike optrede kan kennis neem.
7 As my voetstappe sou afwyk van die pad, as my hart my gevolg het, en daar aan my handpalms 'n smet gekleef het,
8 laat ek dan maar saai en laat 'n ander dit eet, laat wat vir my uitspruit, ontwortel word.
9 As my hart hom laat verlei het by 'n vrou, ek by die deur van my medemens op loer was,
10 laat my vrou dan vir iemand anders meel maal; laat ander mans oor haar buig.
11 Want dit is 'n skanddaad, dit is strafbare sondeskuld;
12 ja, dit is 'n vuur wat tot in die onderwêreld verteer; dit sou my hele oes ontwortel.
13 As ek die regte van my slaaf en slavin misken het in hulle geskil met my,
14 wat sal ek dan doen as God opstaan? En as Hy my tot verantwoording roep, wat sal ek antwoord?
15 Het Hy, wat my in die moederskoot gemaak het, hulle nie ook gemaak nie? Het Een ons nie in die baarmoeder voorberei nie?
16 As ek armes dit wat hulle begeer, ontsê het, die van 'n weduwee laat verdof het,
17 my stukkie brood alleen geëet het, en as vaderlose kinders nie daarvan geëet het nie
18 van my jeug af het hulle immers by my grootgeword soos by 'n vader, en van die moederskoot af het ek weduwees gelei
19 as ek 'n sukkelaar sou sien sonder 'n bokleed, of 'n behoeftige sonder enige bedekking,
20 as sy lyf nie dankbaar sou wees teenoor my, hy hom nie met die skeersel van my jongskaap sou warm maak nie,
21 as ek my hand teen 'n vaderlose kind gelig het, omdat ek in die stadspoort gemerk het dat ek ondersteuning geniet,
22 kan my bo-arm maar uit die skouer val, my voorarm maar uit die elmboog gebreek word.
23 Want die teenspoed wat van God kom, is vir my 'n verskrikking; teen sy majesteit is ek nie opgewasse nie.
24 As ek my vertroue gestel het in goud, vir fyngoud gesê het, ‘My veilige toevlug!’
25 as ek my verbly het oor my groot rykdom, ja, omdat my hande geweldig baie bereik het;
26 as ek na die son gekyk het hoe dit skyn, en na die maan wat met grootsheid beweeg,
27 sodat my hart in die geheim verlei is, en my hand na my mond gebring is vir 'n soen,
28 sou dit ook 'n strafbare sondeskuld wees, omdat ek God daarbo sou verloën.
29 As ek my verheug het oor die rampspoed van die een wat my haat, of uitbundig was toe die ellende hom getref het,
30 het ek nie my mond toegelaat om sonde te doen deur sy lewe te eis met 'n vervloeking nie.
31 As die manne van my huishouding darem nie gesê het nie, ‘Wie kan iemand uitwys wat nie van sy vleiskos versadig is nie?’!
32 'n •Vreemdeling sou nie buite oornag nie; my deure na die pad toe het ek altyd oopgehou.
33 As ek, soos ander mense, my oortredinge verberg het deur my sondeskuld in my binnesak weg te steek,
34 omdat ek bang was vir 'n groot menigte, en die minagting van familiegroepe my afgeskrik het, dan sou ek swyg, sou ek nie by die deur uitgaan nie.
35 As daar maar iemand was wat na my luister! Hier is my teken. Die Almagtige moet my antwoord! As daar maar 'n klagskrif was wat my teenstander geskryf het,
36 sou ek dit beslis op my skouer gedra het, as 'n kosbare hoofband sou ek dit vir my ombind.
37 Ek sou die getal van my treë aan Hom voorhou, soos aan 'n •leier sou ek dit aan Hom voorlê.
38 As my grond teen my om hulp geroep het, die ploegvore saam getreur het,
39 as ek die opbrengs daarvan geniet het sonder betaling, en as ek die bewerkers daarvan laat kreun het,
40 laat daar dan in die plek van koring sydissels uitspruit, in die plek van gars, broodblom. Hier eindig die woorde van Job.