Bible

Designed

For Churches, Made for Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Job 32

:
Afrikaans - AFR20
1 Die drie manne het toe opgehou om op Job te reageer, want in sy eie was hy regverdig.
2 Maar Elihu, seun van Barakel, uit Bus, uit die grootfamilie van Ram, het kwaad geword. Hy was kwaad vir Job omdat hy homself verontskuldig het teenoor God.
3 Elihu was kwaad vir sy drie vriende omdat hulle nie antwoorde kon vind nie, maar Job tog skuldig verklaar het.
4 Elihu het sy woorde teen Job teruggehou, omdat hulle ouer as hy was.
5 Toe Elihu egter sien dat daar geen antwoord kom uit die mond van die drie manne nie, het hy kwaad geword.
6 Elihu, seun van Barakel, uit Bus, het toe gereageer en gesê: “Ek is jonk, en julle is oud; daarom was ek beskroomd en bang om my kennis met julle te deel.
7 Ek het gedink, die jare moet praat, die baie lewensjare moet wysheid openbaar.
8 Maar dit is die gees in sterflinge en die asem van die Almagtige wat aan hulle insig gee.
9 Dit is nie noodwendig dié wat ryp in jare is wat wys is, en oumense wat insig het in wat reg is nie.
10 Daarom ek, ‘Luister na my! Ook ek wil my kennis deel.’
11 “Kyk, ek het op julle woorde gewag; ek het geluister na julle insig, terwyl julle na woorde soek.
12 My aandag was net by julle. Maar kyk, niemand kon Job teregwys nie, niemand onder julle kon op sy woorde antwoord nie.
13 Julle moet nou net nie sê, ‘Ons het wysheid teëgekom. Net God kan van hom ontslae raak, nie 'n mens nie.’
14 Hy het nie argumente teen my aangevoer nie; met julle woorde sal ek hom nie antwoord nie.
15 “Hulle is skoon verskrik, hulle antwoord nie meer nie; woorde ontwyk hulle.
16 Sou ek dan wag as hulle nie praat nie, as hulle maar net daar staan, nie meer antwoord nie?
17 Ook ek sal op my beurt 'n antwoord gee, ook ek sal my kennis deel.
18 Want ek is vol woorde, die gees in my binneste dwing my.
19 Kyk, my binneste is soos wanneer wyn nie oopgemaak word nie; soos nuwe leersakke wil dit oopbars.
20 Ek moet praat en verligting kry, my mond oopmaak en reageer.
21 Ek mag vir niemand partydig wees nie, en ek sal mense nie vlei nie,
22 want ek weet nie hoe om te vlei nie; my Maker sou my gou verwyder.