Job 27AFR20

1Job het toe verder gegaan met sy betoog en gesê:

2“ So waar as wat God leef, Hy wat my regsaak ter syde gestel het, die Almagtige, wat my met 'n verbitterde siel gelaat het,

3ja, solank as wat my asem nog in my is, die lewensasem wat God gee, nog in my neus is –

4my lippe sal geen onreg spreek nie, en my tong geen bedrog kwytraak nie.

5Ek sal julle nooit gelyk gee nie! Totdat ek te sterwe kom, sal ek nie van my onberispelike optrede afsien nie.

6Aan my onskuld hou ek vas, ek sal dit nie laat los nie; my gewete pla my nie oor enige van my lewensdae nie.

7“ Mag my vyand as die skuldige daar staan, die een wat my teenstaan, as die boosdoener;

8want watter hoop het die godlose as God sy lewe kortknip, dit opeis?

9Sal God sy hulpkrete hoor as benoudheid hom oorval?

10Of sal hy vreugde vind by die Almagtige? Sal hy God enige tyd kan aanroep?

11Ek sal julle onderrig oor God se hand; wat die Almagtige in gedagte het, sal ek nie verberg nie.

12Kyk, julle almal het dit self gesien; waarom hou julle dan aan met hierdie nuttelose gepraat?

13Dit is die erfdeel wat 'n goddelose mens van God kry; dit is die erfenis van geweldenaars wat hulle van die Almagtige ontvang:

14As sy seuns vermeerder, is hulle vir die swaard bestem; sy nakomelinge sal nie versadig word met brood nie.

15Dié onder hulle wat vrykom, word deur die dood begrawe; hulle weduwees sal nie huil nie.

16Al hoop hy silwer op soos stof, en stapel hy klere op soos hope klei –

17hy stapel wel op, maar 'n regverdige sal dit dra, en die silwer sal deur 'n onskuldige verdeel word.

18Sy huis is gebou soos dié van 'n mot, soos 'n takskerm wat 'n wag opgerig het.

19Hy gaan skatryk lê, maar hy sal dit nie weer kan doen nie; hy hou sy oë oop, maar hy is nie meer daar nie.

20Soos vloedwaters oorval verskrikkinge hom; snags voer 'n stormwind hom mee;

21die oostewind lig hom op, en daar gaan hy! Dit voer hom weg uit sy woonplek,

22genadeloos gooi dit hom neer; halsoorkop vlug hy vir die geweld daarvan.

23Bo hom klap die wind spottend hande, en sis vir hom, uit sy woonplek.”

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Job 27.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.