Bible

Connect

With Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Job 27

:
Afrikaans - AFR20
1 Job het toe verder gegaan met sy betoog en gesê:
2 So waar as wat God leef, Hy wat my regsaak ter syde gestel het, die Almagtige, wat my met 'n verbitterde siel gelaat het,
3 ja, solank as wat my asem nog in my is, die lewensasem wat God gee, nog in my neus is
4 my lippe sal geen onreg spreek nie, en my tong geen bedrog kwytraak nie.
5 Ek sal julle nooit gelyk gee nie! Totdat ek te sterwe kom, sal ek nie van my onberispelike optrede afsien nie.
6 Aan my onskuld hou ek vas, ek sal dit nie laat los nie; my gewete pla my nie oor enige van my lewensdae nie.
7 Mag my vyand as die skuldige daar staan, die een wat my teenstaan, as die boosdoener;
8 want watter hoop het die godlose as God sy lewe kortknip, dit opeis?
9 Sal God sy hulpkrete hoor as benoudheid hom oorval?
10 Of sal hy vreugde vind by die Almagtige? Sal hy God enige tyd kan aanroep?
11 Ek sal julle onderrig oor God se hand; wat die Almagtige in gedagte het, sal ek nie verberg nie.
12 Kyk, julle almal het dit self gesien; waarom hou julle dan aan met hierdie nuttelose gepraat?
13 Dit is die erfdeel wat 'n goddelose mens van God kry; dit is die erfenis van geweldenaars wat hulle van die Almagtige ontvang:
14 As sy seuns vermeerder, is hulle vir die swaard bestem; sy nakomelinge sal nie versadig word met brood nie.
15 Dié onder hulle wat vrykom, word deur die dood begrawe; hulle weduwees sal nie huil nie.
16 Al hoop hy silwer op soos stof, en stapel hy klere op soos hope klei
17 hy stapel wel op, maar 'n regverdige sal dit dra, en die silwer sal deur 'n onskuldige verdeel word.
18 Sy huis is gebou soos dié van 'n mot, soos 'n takskerm wat 'n wag opgerig het.
19 Hy gaan skatryk lê, maar hy sal dit nie weer kan doen nie; hy hou sy oop, maar hy is nie meer daar nie.
20 Soos vloedwaters oorval verskrikkinge hom; snags voer 'n stormwind hom mee;
21 die oostewind lig hom op, en daar gaan hy! Dit voer hom weg uit sy woonplek,
22 genadeloos gooi dit hom neer; halsoorkop vlug hy vir die geweld daarvan.
23 Bo hom klap die wind spottend hande, en sis vir hom, uit sy woonplek.”