Job 26AFR20

1Job het hierop gereageer en gesê:

2“Hoe het jy nie die kragtelose te hulp gekom nie, die arm van die een wat nie krag oor het nie, gehelp!

3Hoe het jy nie raad gegee aan die onwyse, en vindingrykheid in oormaat geopenbaar nie!

4Met wie se hulp het jy die woorde meegedeel, en wie se asem het uit jou na vore gekom?

5“ Die skimme krimp ineen – dié wat onder die water is, en dié wat daarin woon.

6Die •doderyk staan naak voor Hom; daar is geen bedekking vir die onderwêreld nie –

7voor Hom wat die noorde oopspan oor die niet, wat die aarde ophang aan niks;

8wat die waters in sy wolke saambind, sonder dat die wolkmassa daarvan oopskeur;

9Hy wat die aansig van die troon versper deur sy wolkmassa daaroor uit te sprei.

10Hy het sirkelvormig 'n grens getrek oor die oppervlakte van die water tot waar lig by donker eindig.

11Die pilare van die hemel wankel en staan verslae deur sy dreiging.

12Deur sy krag het Hy die see laat bedaar, deur sy insig het Hy Rahab verbrysel.

13Deur sy asem maak Hy die hemel helder; sy hand deurboor die vinnige slang.

14Kyk, dit is maar net die buitelyne van sy weë. Wat ons van Hom hoor, is maar 'n gefluisterde woord. Sy donderende krag – wie begryp dit?”

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Job 26.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.