1Bildad uit Suag het hierop gereageer en gesê:
2“ Om te heers en vrees in te boesem, is eie aan God, Hy wat vrede handhaaf in sy hoë hemele.
3Kan die getal van sy troepe vasgestel word? Oor wie gaan sy lig nie op nie?
4Hoe kan 'n sterfling dan regverdig wees voor God? Hoe kan iemand uit 'n vrou gebore, rein wees?
5Kyk, in sy oë is selfs die maan nie helder en die sterre nie rein nie,
6hoeveel minder nog 'n sterfling, 'n maaier, 'n mensekind, 'n wurm!”