Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

Job 25

:
Afrikaans - AFR20
1 Bildad uit Suag het hierop gereageer en gesê:
2 Om te heers en vrees in te boesem, is eie aan God, Hy wat vrede handhaaf in sy hoë hemele.
3 Kan die getal van sy troepe vasgestel word? Oor wie gaan sy lig nie op nie?
4 Hoe kan 'n sterfling dan regverdig wees voor God? Hoe kan iemand uit 'n vrou gebore, rein wees?
5 Kyk, in sy is selfs die maan nie helder en die sterre nie rein nie,
6 hoeveel minder nog 'n sterfling, 'n maaier, 'n mensekind, 'n wurm!”