Job 24AFR20

1“Waarom word vaste tye nie opsy gesit deur die Almagtige nie, en waarom sien dié wat Hom ken, nooit sy dae nie?

2Mense verskuif grense, hulle buit troppe vee en laat dit wei.

3Hulle jaag die donkie van vaderlose kinders weg, en neem die bees van 'n weduwee as pand.

4Hulle druk behoeftiges van die pad af; saam skuil magteloses van die land.

5Kyk, soos wildedonkies in die woestyn trek hulle uit vir hulle daaglikse werk – op soek na iets te ete. Die Araba voorsien kos vir hulle en hulle kinders.

6In die veld maak hulle voer bymekaar; in die wingerde van goddeloses maak hulle die naoes bymekaar.

7Halfkaal bring hulle die nag deur, sonder 'n bokleed, met geen bedekking teen die koue nie.

8Hulle is deurnat van die reën in die berge, en staan styf teen 'n rots aangedruk, sonder skuilplek.

9'n Vaderlose kind word van die bors weggeskeur; wat aan die magtelose is, word as pand geneem.

10Halfkaal loop hulle rond, sonder bokleed; honger, dra hulle gerwe.

11Tussen goddeloses se terrasmure pars hulle olywe; hulle trap parskuipe, terwyl hulle dors ly.

12In die stad kreun sterwendes, die kele van gewondes roep om hulp; maar God slaan nie ag op die ongerymdheid nie.

13“ Daar is dié wat in opstand is teen die Lig; hulle erken nie sy weë nie, hulle is nie tuis op sy paaie nie.

14Teen ligdag staan die moordenaar op; hy maak magteloses en behoeftiges dood, en snags is hy soos 'n dief.

15Die egbreker hou die skemer in die oog en sê, ‘Geen oog sal my sien nie’; en dan plaas hy 'n bedekking oor sy gesig.

16Hulle breek in die donker by huise in. Bedags sluit hulle hulleself toe, hulle ken die lig nie.

17Ja, vir hulle almal saam is stikdonkerte soos die môrelig; hulle is immers vertroud met die verskrikkinge van 'n stikdonker nag.

18“ Mag hulle vinnig wegdryf op die water! Mag hulle erfdeel in die land in 'n vervloeking gebruik word; mag hulle nie in die rigting van die wingerde gaan nie.

19Droë grond en hitte raap sneeuwater weg, net soos die •doderyk hulle wat gesondig het.

20Mag die moederskoot hulle vergeet; mag die maaiers hulle soet vind; mag hulle nie meer onthou word nie. Mag die onreg soos 'n stuk hout gebreek word –

21hulle wat 'n onvrugbare sonder kinders kaal stroop, aan 'n weduwee niks goeds doen nie.

22God sal die magtiges wegsleep deur sy krag. Al staan hulle op, is hulle lewens nie seker nie.

23Hy gee aan hulle veiligheid, en daarop steun hulle; maar sy oë hou hulle paaie dop.

24Vir 'n kort rukkie verhef hulle hulleself, maar dan is hulle nie meer daar nie. Hulle sink neer soos alle dinge, en word bymekaargemaak; soos die hoogste koringaar word hulle afgesny.

25As dit nie so is nie, wie sal my tot leuenaar maak, en my woorde as niksseggend afmaak?”

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Job 24.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.