Job 23AFR20

1Job het hierop gereageer en gesê:

2“Ook vandag is my klag rebels; sy hand is swaar, ten spyte van my gesug.

3Ag, as ek maar geweet het waar ek Hom kon vind, as ek maar tot by sy vaste woonplek kon kom!

4Ek sou die saak voor Hom uiteensit; my mond sou ek vul met pleitredes.

5Ek sou kennis neem van die woorde waarmee Hy teen my getuig; ek sou begryp wat Hy vir my sê.

6Sou Hy met groot krag 'n regstryd teen my voer? Nee, maar Hy sal aan my aandag gee.

7'n Opregte sou daar met Hom redeneer; en ek sou vir altyd ontkom aan my regter.

8Kyk, gaan ek oos, is Hy nie daar nie, en wes, dan gewaar ek Hom nie.

9In die noorde, terwyl Hy werk, merk ek Hom nie op nie; verhul Hy Hom in die suide, sien ek Hom nie raak nie.

10Ja, Hy ken die pad waarop ek gaan; as Hy my toets – soos goud sal ek daar uitkom.

11In sy spoor het my voete gebly; by sy pad het ek gehou, en nie afgedraai nie.

12Die opdrag van sy lippe – daaraan het ek my nie onttrek nie; in die vou van my kleed het ek die woorde uit sy mond in bewaring gehou.

13“Maar Hy is uniek – wie kan Hom teengaan? Wat Hy graag wil doen, dit voer Hy uit.

14Ja, Hy sal wat vir my bestem is, volbring. Hy het baie dinge soos hierdie in gedagte.

15Daarom staan ek verbysterd voor Hom; as ek daaroor nadink, vrees ek Hom.

16Dit is God wat my swak van hart maak; dit is die Almagtige wat my verbysterd laat.

17Ja, ek word nie stilgemaak deur die donker nie, deur die feit dat ek self deur diepe duisternis omhul word nie.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Job 23.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.