Bible

Connect

With Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Job 23

:
Afrikaans - AFR20
1 Job het hierop gereageer en gesê:
2 “Ook vandag is my klag rebels; sy hand is swaar, ten spyte van my gesug.
3 Ag, as ek maar geweet het waar ek Hom kon vind, as ek maar tot by sy vaste woonplek kon kom!
4 Ek sou die saak voor Hom uiteensit; my mond sou ek vul met pleitredes.
5 Ek sou kennis neem van die woorde waarmee Hy teen my getuig; ek sou begryp wat Hy vir my sê.
6 Sou Hy met groot krag 'n regstryd teen my voer? Nee, maar Hy sal aan my aandag gee.
7 'n Opregte sou daar met Hom redeneer; en ek sou vir altyd ontkom aan my regter.
8 Kyk, gaan ek oos, is Hy nie daar nie, en wes, dan gewaar ek Hom nie.
9 In die noorde, terwyl Hy werk, merk ek Hom nie op nie; verhul Hy Hom in die suide, sien ek Hom nie raak nie.
10 Ja, Hy ken die pad waarop ek gaan; as Hy my toets soos goud sal ek daar uitkom.
11 In sy spoor het my voete gebly; by sy pad het ek gehou, en nie afgedraai nie.
12 Die opdrag van sy lippe daaraan het ek my nie onttrek nie; in die vou van my kleed het ek die woorde uit sy mond in bewaring gehou.
13 “Maar Hy is uniek wie kan Hom teengaan? Wat Hy graag wil doen, dit voer Hy uit.
14 Ja, Hy sal wat vir my bestem is, volbring. Hy het baie dinge soos hierdie in gedagte.
15 Daarom staan ek verbysterd voor Hom; as ek daaroor nadink, vrees ek Hom.
16 Dit is God wat my swak van hart maak; dit is die Almagtige wat my verbysterd laat.
17 Ja, ek word nie stilgemaak deur die donker nie, deur die feit dat ek self deur diepe duisternis omhul word nie.