Bible

Elevate

Your Sunday Morning Worship Service

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Job 21

:
Afrikaans - AFR20
1 Job het hierop gereageer en gesê:
2 “Luister goed na my woorde dit sal julle vertroosting aan my wees.
3 Verdra my nou, ek sal praat; as ek klaar gepraat het, kan jy verder spot.
4 “Is ek die een wat my klagte teen 'n mens rig? En waarom mag ek dan nie ongeduldig wees nie?
5 As julle aan my aandag skenk, sal julle verbyster wees, en julle hande voor julle monde hou.
6 As ek daaraan dink, is ek ontsteld en trek 'n siddering deur my lyf.
7 Waarom bly goddeloses aan die lewe? Waarom word hulle oud, groei hulle mag selfs?
8 Hulle nageslag is bestendig in hulle teenwoordigheid, by hulle; hulle nakomelinge is daar voor hulle oë.
9 Hulle huise is veilig, sonder verskrikking; en die roede van God is nie op hulle nie.
10 Hulle bulle dek die koeie sonder om te faal, hulle koeie kalf en het nie misgeboortes nie.
11 Hulle laat hulle seuntjies toe om rond te loop soos kleinvee; hulle kinders huppel rond.
12 Begelei deur tamboeryne en liere sing hulle; hulle is vrolik as hulle die klank van fluite hoor.
13 Hulle eindig hulle lewensjare in voorspoed, en gaan rustig af na die •doderyk.
14 Hulle vir God, ‘Bly weg van ons af! Om u paaie te ken, pas ons nie.
15 Wie is die Almagtige nou eintlik dat ons Hom moet dien? En wat baat dit ons as ons biddend by Hom pleit?’
16 Kyk, hulle voorspoed is nie in hulle eie hande nie; die planne van goddeloses is ver van my.
17 Hoe dikwels word die lamp van goddeloses uitgedoof en oorval teenspoed hulle, die verwoesting wat Hy in sy toorn uitdeel?
18 Word hulle soos strooihalms voor die wind, soos kaf wat deur 'n stormwind weggedra word?
19 Julle sê, ‘God spaar sy onheil vir iemand se kinders.’ Hy moet dit liewer aan die persoon self vergeld, sodat hy dit beleef.
20 Sy moet sy ondergang sien, van die Almagtige se woede moet hy drink.
21 Wat gee hy immers om vir sy huisgesin hom wanneer die getal van sy maande tot 'n einde gekom het?
22 Sal hy dan aan God kennis kan meedeel, terwyl God selfs hulle wat verhewe is, oordeel?
23 Een persoon sterf terwyl hy oor al sy kragte beskik heeltemal onverstoord en sorgeloos,
24 met sy emmers vol melk, en sy beenmurg vogtig.
25 'n Ander persoon sterf met 'n verbitterde siel, sonder dat hy voorspoed gesmaak het.
26 Saam hulle in die stof, en die maaiers bedek hulle albei.
27 “Kyk, ek ken julle gedagtes, die versinsels waarmee julle my geweld aandoen.
28 As julle sê, ‘Waar is die huis van vooraanstaandes? Waar is die tentwonings van goddeloses?
29 het julle nie by reisigers navraag gedoen en op hulle tekens ag geslaan nie?
30 Ja, op die dag van teenspoed word 'n bose mens gespaar; op die dag van woedebuie word hy veilig gelei.
31 Wie sal hom sy optrede openlik verwyt? En wat hy aangevang het wie gaan hom daarvoor vergeld?
32 Hy egter, word na die graf geneem; en oor sy graf hou iemand wag.
33 Die kluite van die skag is vir hom soet. Alle mense sal hom volg, en dié wat hom voorafgegaan het, is ontelbaar.
34 Hoe kan julle my troos met nietigheid? Julle antwoorde kom uiteindelik neer op ontrou!”