Bible

Simplify

Your Church Tech & Streamline Your Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Job 17

:
Afrikaans - AFR20
1 “My gees is neerslagtig, my dae is uitgedoof; die graf wag op my.
2 Bespotting is beslis my lot; op hulle teenkanting bly my oog rus.
3 Hou asseblief my pand by U. Wie anders sal vir my as borg optree?
4 U het immers hulle harte van insig weerhou; daarom sal U hulle nie na die hoogte neem nie.
5 Wie vriende aankla vir eie voordeel sy kinders se sal dof raak.
6 God het van my 'n spreekwoord onder mense gemaak; soos spoeg in die gesig het ek geword.
7 My is dof van leed; al my ledemate is maar net soos 'n skaduwee.
8 Opregtes staan verslae hieroor; 'n onskuldige raak ontsteld oor 'n godlose.
9 'n Regverdige hou op sy pad, en wie rein hande het, vermeerder sy krag.
10 Maar julle kan almal maar aanhou terugkom. Ek sal niemand onder julle vind wat wys is nie.
11 My dae is verby, my planne is daarmee heen, ja, die begeertes van my hart.
12 Van die nag maak hulle dag: ‘Die lig is naby, juis omdat dit donker is.’
13 As ek my hoop op iets moet vestig: Die •doderyk is my tuiste, in die donker het ek my bed oopgerol;
14 vir die grafkuil het ek geskreeu, ‘Jy is my pa!’ vir die wurms, ‘My ma!’ en ‘My suster!’
15 Waar is my hoop dan? Ja, my hoop wie sien dit nog?
16 Sal dit saam met my afgaan na die doderyk? Sal ons saam wegsink in die stof?”