Bible

Focus

On Your Ministry and Not Your Media

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Job 18

:
Afrikaans - AFR20
1 Bildad uit Suag het hierop gereageer en gesê:
2 “Hoe lank gaan julle nog tyd bestee aan woorde? Kom tot insig! Dan kan ons praat.
3 Waarom word ons as vee beskou? Waarom is ons stompsinnig in julle oë?
4 Jy, 'n mens wat homself verskeur in sy toorn moet die aarde ter wille van jou verlate lê, rotse uit hulle plek verskuif word?
5 Boonop, die lig van goddeloses word uitgedoof; die vlam van hulle vuur gee nie meer 'n gloed af nie.
6 Die lig in sy tent raak donker, sy lamp bo hom word uitgedoof.
7 Sy kragtige treë word belemmer, sy eie raad bring hom tot 'n val.
8 Ja, hy word deur sy eie voete in 'n vangnet ingelei; hy loop heen en weer oor die latwerk bo 'n vanggat.
9 'n Valstrik gryp hom aan die hakskeen, 'n strik vang hom vas.
10 'n Vangriem is vir hom op die grond versteek, 'n lus vir hom in die voetpad.
11 Van alle kante af maak verskrikkinge hom beangs, dit sit op sy hakke.
12 Sy krag is uitgeput, teenspoed staan gereed vir sy val.
13 Dit verteer sy vel broksgewys; hierdie eersgeborene van die dood verteer hom broksgewys.
14 Uit sy tent, waar hy hom veilig voel, word hy weggeruk; dit dryf hom na die koning van verskrikkinge.
15 Niks van sy besittings sal in sy tent oorbly nie; swael sal oor sy woonplek uitgestrooi word.
16 Aan die onderkant verdroog sy wortels, aan die bokant verwelk sy takke.
17 Sy nagedagtenis verdwyn van die aarde af; hy het nie meer 'n naam op straat nie.
18 Hulle dryf hom uit die lig na die donker, van die aarde af verdryf hulle hom.
19 Hy het geen kind of nageslag by sy mense nie, geeneen wat oorbly in sy blyplekke nie.
20 Oor sy dag staan die mense in die weste verslae, en is die mense in die ooste met afgryse vervul.
21 Ja, so is die woonplekke van 'n boosdoener, so is die plek van hom wat God nie geken het nie.”